Ons taal
Kritgeleentheid
Krit is ’n boekgesprekgroep wat resente Afrikaanse tekste bespreek. En volgende jaar bestaan Krit 45 jaar! Soos iemand ’n ruk gelede vir my gesê het: “Toe was ek nog nie eens gebore nie!”
In 1981 ontstaan daar by Die Windhoekse Onderwyskollege ’n skryflaboratorium na die voorbeeld van DJ Opperman se laboratorium op Stellenbosch, om jong skrywers te help met hulle tekste. Aan die stuur van hierdie werkwinkel of slypskool is die befaamde skrywer, digter en akademikus: George Weideman. Ia van Zyl, Departementshoof by die Afrikaanse Departement, dra die fakkel verder en die werkwinkelkonsep verander na ’n gesprek; ’n kritiese gesprek, oor resente Afrikaanse tekste.
Jare later, met die 20ste herdenking sê Ia van Zyl in haar herinneringe aan die jong boekgesprekgroep die volgende: “Daar was dikwels verskil van mening – soos hopelik vandag ook nog – wat tot lewendige gesprekke gelei het.” Dit is dan steeds hierdie groep se strewe om krities, indringend maar met waardering, met boeke om te gaan.
Ek vra myself dikwels af: wat is die maatstaf om as ’n suksesvolle organisasie bestempel te word? En ek is seker daar is verskeie kriteria wat mens kan lys; maar vir my is een daarvan – dat so ’n organisasie die toets van die tyd deurstaan het. Ek stel ’n heildronk in in hierdie jaar waar ons ook vier dat Afrikaans al 100 jaar as amptelike taal gebruik word, op al die magiese elemente wat Krit so besonders maak.
Saam met Daniel Hugo: Lank lewe die leser! En lank lewe die boek!
(Indien enigiemand belangstel om ons Kritgeleenthede by te woon, stuur ’n e-pos en ek plaas jou op ons verspreidingslys. Met ’n selfoonnommer kan ek jou ook op ons WhatsApp-groep plaas)
Susan Alexander
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie