Ons verlore jeug
Hester Steenkamp – Ek en Willem, ons voorman, is besig om verklarings af te lê voor twee polisiemanne.
Daar is weer skaap gesteel. Willem was op pad terug van ’n begrafnis af en het die outjie op heterdaad betrap met een van ons hamels aan ’n tou.
Op sy vraag oor waarheen hy met ons skaap gaan, het hy te vertelle dat hy net ’n sopperigheidjie soek vir saam met sy pap. Bid jou aan!
Willem het hom toe aangesê om die skaap terug oor die draad te tel. Hy het tot ná agt die aand daar gestaan om seker te maak die dief vat nie weer een nie.
Soos die een sersant Willem se verklaring afneem, sit en gesels ek en die ander een. Ek sê vir hom ek is bekommerd oor die jongmense hier in ons kontrei, want dis nie die eerste keer dat hier gesteel word nie en elke keer is dit die jong manne. Eintlik tieners. Hulle wil nie skoolgaan nie en hulle wil nie werk nie. Hulle wil net vir kwaadgeld rondloop en hulle grootouers se pensioengeld opeet. En steel.
"Ja, is so," beaam hy. Hy sê dat hulle gereeld jongmense stop op pad skool toe, maar loop en rook dat dit lyk soos ’n veldbrand. As hul dan vra waarheen hulle gaan, sê die jongelinge dat hulle op pad is om toets of eksamen te gaan skryf.
“Mevrou, dan vra ek vir hulle: ‘Wat wil julle gaan skryf? Julle se koppe is lankal nie meer hier op die aarde nie’.”
Die sersant vertel ook verder dat hulle soms die skole besoek en met die kinders praat, maar hoor is min.
Hy sê: “Mevrou moet sien hoeveel U’s daar op die rapporte is! Mevrou, in ons dae het net die kinders wat op drup gelê het en in ’n koma was, U’s gekry. Vandag is dit so baie hulle kry nie eens skaam daaroor nie.”
Met ’n vorige diefstal, toe die polisie die boewens gaan oplaai, het hulle gelag en gesê: "Onthou, ons wil in sel 6 wees. Dis onse kamer daai.” Ou stelers.
Die sersant is nie verkeerd oor die kinders nie. Ons sien dit elke eksamen met ons eie werksmense s'n. Ons betaal skoolgeld, ry hulle heen en weer met elke uitnaweek en sorg dat hulle alles het wat hulle moontlik nodig mag hê, maar dit is waar dit eindig.
Die rapporte vertel hul eie storie. Dis net U’s en rooi kringetjies waar jy kyk. Dan roep ek hulle en ek preek, dreig, motiveer en belowe die son, maan en sterre. Volgende eksamen se rapporte lyk dit maar weer dieselfde. Wat ’n groot jammerte!
Ek kry die ouers en oupas en oumas so uit my hart uit jammer. Dis hulle wat hulle afsloof vir hulle kinders, sodat hulle ’n beter lewe kan hê. Sodat hulle vorentoe kan gaan en uit die dodelike kringloop van armoede kan kom. Die jonges gee egter nie ’n duit om nie. Hulle het hierdie stink houding van ons vat net wat ons wil hê.
My huishulp, van baie jare, huil dikwels op my skouer oor haar kinders se slapgeit. En oor die pa van die kinders se wegloop en nie omgee nie. Sy het vroualleen die kinders grootgemaak en deur die skool probeer kry.
Drie van die vier het skool gelos, selfs nadat ek (en sy) gesmeek het dat hulle moet klaarmaak en ek vir hulle ’n donker prentjie geskets het van hoe hulle toekoms gaan lyk as hul wegstap.
Die laaste een is nou graad 8, vir die tweede keer. Die polisie het ons laasjaar geskakel en gesê hulle het haar in die dorp opgelaai waar sy saam met “groot mans” rondloop. So ek aanvaar sy gaan dieselfde paadjie loop as die ander drie.
Ons jeug het leiding en ’n ferm hand nodig. Hulle moet geleer word dat dade gevolge het en ons is besig om hulle te faal. Waar is die stamhoofde, die pastore, die skoolhoofde? Maar meer belangrik, waar is die pa’s?
Dis ’n skreiende skande.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie