Ontsnap van jou dag-tot-dag-lewe en geniet dit!
Min vroue hou van ’n man wat “game”. Ons is eenvoudig net nie mal daaroor as ’n volwasse man ure agter ’n skerm sit en speletjies speel nie. Dit voel soos ’n totale mors van tyd, wat waarskynlik eerder aangewend kon word om iets produktief aan te pak.
Ek was ook so, daarom verstaan ek. Tot die dag toe my man verduidelik het waarom hy ure lank agter ’n skerm kan sit en nou stem ek eintlik saam met hom.
Die insig wat hy my gegee het, het my houding verander en ek voel selfs dat elke mens so iets in hul lewens nodig het.
Die rede is eenvoudig en glo dit of nie, dalk selfs gesond – ontsnapping.
Vir my man is dit ’n manier om van die wêreld daar buite te vergeet. Om televisie te kyk is nie genoeg nie, want al is jou oë op die skerm gefokus, kan jou gedagtes maklik bontspring. Sy speletjie bied hom ’n geleentheid om totaal en al van sy probleme, emosies en stres te vergeet.
Ná sy verduidelik het ek besef ek het ook so iets in my lewe nodig. Ek sukkel om by die lewe se vinnige hardloopspoed by te hou en ek voel hoe die rots van angs al hoe swaarder op my bors vasdruk.
Elke keer as ek probeer ontspan, dink ek aan die honderde goed op my doenlysie.
Dis werk, wasgoed, geldsake, familie, vriende en tussenin probeer ek om gesond te lewe deur te oefen, genoeg te eet en meer water as koffie te drink.
My brein en gedagtes werk soos ’n klomp kleuters by ’n partytjie – almal hardloop rond, ’n paar huil, ander skree en niemand weet wat aangaan nie. Die takies en verpligtinge is nimmereindigend.
My ontsnapping is. . . legkaarte. Ek het onlangs alles op die etenstafel een kant toe geskuif, van hierdie fênsie matte gekoop en 1 500-legkaartstukkies daarop uitgegooi.
Die aktiwiteit is uitdagend genoeg om my gedagtes besig te hou, maar lekker genoeg dat dit nie soos werk voel nie.
Ek moet myself keer of ek sit ure en bou. Wanneer ek daar opstaan, het ek nuwe energie om sy lysies en my lysies se lysies aan te pak.
Ons lewe in ’n tyd waar dit in die mode is om hard te werk. Ons spog oor die aantal ure wat ons werk en die geld wat ons verdien. Dit is maklik om te vergeet ons moet tyd maak vir die dinge wat ons eintlik geniet.
Dit is myns insiens die rede waarom ons so met geestesgesondheid sukkel. Meeste van ons lewe ons lewens teen ’n hoë spoed en daarmee saam kom depressie en angs.
Ons selfone het soos 'n ekstra ledemaat geword en hulle hou ons op hoogte van sake, al wil ons nie regtig wees nie.
Enige persoon kan ons enige tyd van die dag bereik. Hoe is jou tyd dan ooit jou eie?
Ek raak so benoud as ek weet my selfoon is vol onbeantwoorde boodskappe en mettertyd gee ek toe aan die skuldgevoel en beantwoord almal.
Dis ’n kultuur wat ons lewens deesdae oorskadu, maar ons het vergeet ons is eintlik in beheer van ons tyd. Daarom is my selfoon nie welkom wanneer ek salig agter my legkaart sit met ’n teetjie in die hand nie.
Dit raak al hoe belangriker om doelbewus besluite te neem om jou eie omstandighede te verbeter. Dit is noodsaaklik vir jou geestesgesondheid om grense te stel en soms streng met jouself te wees, al is dit om elke nou en dan iets te doen wat jy geniet. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie