Op die vlerke van ’n valk
Sê maar net 30 jaar gelede
Soos dinge nou vir my lyk, sal die Minister van Finansies die tweedehandse jet wat hy met byna R80 miljoen van die belastingbetalers se geld vir die Staatspresident gekoop het, weer moet verkoop, want dit smaak my die internasionale gemeenskap is nie baie gelukkig oor dié weelde-artikel nie.
Eers het Noorweë en daarna Swede sy droogtehulp midde-in die rampdroogte aan Namibië gestaak en nou wil dit vir my lyk asof Duitsland en Finland ook nie lekker voel oor die feit dat hulle om ontwikkelingshulp genader is deur ’n land wat so ’n duur vliegtuig kan bekostig nie.
Ek kan ook nie sê ek blameer dié lande nie. Sou Billy de Lange byvoorbeeld by my kom R20 leen, sal ek dit vir hom gee, want hy is ’n persoonlike vriend van my, maar ek sal nie baie lekker daaroor voel nie. En dan is daar natuurlik nog die duisend honger Namibiërs wat kos moet kry. Die Minister kan moontlik vir hom ’n plek in Talstraat oopmaak en dit Oompie Gert se Errieplek noem. Of miskien kan hy dit sommer Talstraat Jets noem.
Hy kan die Falcon 900-B dan in die vertoonlokaal trek en dit as die winskoop van die week aanbied. Kompleet met padwaardigheidsertifikaat en al.
Hy kan dalk ook die lugmag se Fokker langs die jet parkeer, net om die mense te trek. Oompie Gert kan die jet dan ook in die koerante adverteer. Ek sien al die bewoording van so ’n advertensie: “Luukse straler met stinkhouttoitel te koop. Slegs twee vorige eienaars en min myle.”
Miskien kan Oompie Gert ’n ligter en goedkoper vliegtuig as “trade in” op die Falcon neem. Dan het die Staatspresident ook sommer weer ’n êrrie om mee te ry.
Oompie Gert sal natuurlik ook ’n wins op die jet moet probeer maak, maar ek dink dit sal moeilik gaan, want soos ek die ding verstaan, is die prys al klaar erg gelaai.
’n Ander plan wat die Minister miskien kan maak, is om die jet uit te loot of oor naweke te verhuur aan toeriste wat die droogtegeteisterde land uit die lug wil bekyk.
Wat die Minister ook al doen, hy sal eers die agterstebo vlag op die stert moet verwyder en ook ons land se naam moet doodverf. Die volgende ou wat die vliegtuig koop, kan dalk in ’n ander land roekeloos met die ding gaan vlieg en dan dink die mense dit is Namibiese vlieëniers wat so onnosel is.
Om die vliegtuig meer aantreklik te maak, kan hy dit miskien grys spuitverf met ’n wit dak. Hy kan ook ’n lang lugdraad aanbring, wat die jet dan na my Ford Fairlane sal laat lyk. Ek dink in elk geval die twee voertuie se brandstofverbruik is dieselfde.
Die Fairlane het natuurlik nie ’n stinkhouttoilet in nie, maar hy is ook nie met die belastingbetalers se geld gekoop nie.
– 12 Augustus 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie