Op gesukkel
Van die Shack Dwellers Federation of Namibia se lede in Narraville het vir langer as (verbrande hout) 13 jaar gesukkel om hul eie huisies te bou.
Hulle het so effens amper soos die Israliete in die woestyn verdwaal!
Ek onthou hoe die president se vrou madam Monica Geingos, wat die beskermvrou van die federasie is, op ’n keer met ’n besoek aan ’n projek waar huise in Kuisebmond oorhandig is, wou weet wat die oponthoud in Narraville is.
Een van die Narraville-groeplede het destyds probeer verduidelik dat hulle uit onkundigheid en ook desperaatheid ingewillig het om die grond wat aan hulle toegeken gaan word vir die bou van hul eie huise, self te diens.
In teenstelling met ander projekte van die federasie in Kuisebmond (meer as vyf is al oor die jare voltooi, teenoor die een wat vir jare in Narraville sloer om klaar te kry), moes die mense daar toe self die grond gaan opvul. Eers ná jare van graafsteek en bedel vir hulp, het hulle dit gedoen gekry.
Uiteindelik staan die huisies nou en ek moet beklemtoon dat daar geen pondokke in sig is nie. Ek hoop dit sal so bly.
Maar nou sukkel die trotse huiseienaars om krag en water na hul wonings te bring, want van die mense was so desperaat dat hulle ingetrek het die oomblik toe die mure staan en die dakke opgesit is.
Ja, die projek is nog nie amptelik afgegee nie. Ek het egter begrip virdie desperaatheid van die mense daar. Hoekom N$2 500 betaal vir die huur van ’n motorhuis om in te woon, terwyl jou eie tuiste leeg vir jou staan en wink?
Om alles te kroon, wag daar nou ook nog ’n massiewe skuld wat gedelg moet word vir die verbruik van water vir die konstruksie van die wonings.
Die mense wil met graagte betaal, maar van hulle is pensioenarisse en sommige wil weet hoekom hulle nie ook vir Covid-verligting kwalifiseer soos ander gemeenskappe nie.
“Orals word skulde links en reg afgeskryf, maar dis asof ons nie bestaan nie. Kwalifiseer ons dan vir niks? Dit voel ons word doelbewus misgekyk,” het een van die begunstiges laat hoor.
Tans gebruik die dapperes wat dit gewaag het om in te trek, oop vure om kos te kook (ek hoop van harte een van die huisies brand nie in die proses af nie), dromme om water in te stoor en stap maar ’n draai na die wye Namibwoestyn wanneer die nood druk.
“Sonder elektrisiteit is dit asof jy in ’n grot woon. Die krane, stoof en TV is net ornamente en staan en kyk vir ons,” het een laat hoor.
Juis om dié redes wil van die mense wie se wonings klaar gebou is, maar wat nog leeg staan en darem wat kan bekostig om huur van N$5500 per maand te betaal, liewer nog nie intrek nie.
Ek hoop van harte die leiers van die groep sal in oorleg met die munisipaliteit van die hawedorp ’n oplossing vir die afwesigheid van water vind en dat ErongoRED spoedig (voor Kersfees kom) die ligte gaan laat skyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie