Op ’n Vrydagnamiddag in Maart
Lanel (Wiesie) Kotzé – Verlede jaar net voor Oktobermaand het ek moed bymekaargeskraap en aan die nuusredakteur van Republikein geskryf en gevra of hulle my sou toelaat om dalk bydraes tot hierdie rubriek te lewer.
Ek sou in Oktober op kraamverlof gaan en het, gemeet aan my vorige rondte van kraamverlof, voorsien dat ek menigte nagte sou wakker lê weens slapeloosheid en die baba.
So het ek bietjie vir bietjie my voete gevind met die skrywery. Dit was maar hier en daar, en aan en af. Soms kom daar iets by my op om oor te skryf en soms is daar weer kreatiewe stilte.
Skryf was nog altyd ’n stokperdjie wat ek graag beoefen het, maar dit is ietwat sinneloos as ’n mens nie regtig ’n tema, ’n onderwerp of ’n struktuur het waaroor of waarvoor ’n mens skryf nie.
Met my vorige swangerskap het ek begin om briewe aan my seuntjie te skryf wanneer ek in die nagte nie kon slaap nie, en Oktober laasjaar het ek al ’n brief of twee vir my babadogtertjie Mari, wat in Oktober gebore sou word, op my kerfstok gehad. Ek het ’n bietjie meer skryffiks gevoel en kans vir enigiets gesien.
Aan die begin van die jaar het dinge voorspoedig geloop. Ons het ’n bietjie beter geslaap as wat ons verwag het met ’n drie maande oue babadogtertjie in die huis, en my kontakpersoon by die koerant het gevra of hulle dalk gestruktureerde insette van my af kan begin verwag. So het ek die voorreg gehad om deel te mag word van die tweeweeklikse rooster op hierdie rubriek.
Op ’n Vrydagnamiddag in Maart vanjaar het ek ’n oproep van ons dogtertjie se dagmoeder ontvang.
“Hier is moeilikheid, kry ’n ambulans.”
Skielik verander sekondes in ure en alles begin verder teen ’n stadige pas afspeel.
Uiteindelik het ons by die hospitaal aangekom en te danke aan ’n klomp mense se insette en samewerking, het hulle ons dogtertjie by ongevalle behandel. Op ’n ventilator, haar hartklop is gestabiliseer. Sy is Vrydag na die hoësorgsaal geskuif en teen Maandag 11 Maart 2024 moes ons vir haar totsiens sê.
Wiegiedood was die bevinding. Geen versmoring, geen verstikking, geen harttoestand kon bewys word nie. Geen verdere antwoorde nie, ons is net met ons geloof in die Vader agtergelaat. Op mediese vlak was ’n lykskouing ’n moontlikheid, verslae het ons dit nie eens as ’n opsie oorweeg nie.
Ons het vandag steeds nie antwoorde op die waaroms en die hoekoms nie. Maar wat ek wel weet is dat ons as gesin se lewens – die van my, my man en ons seuntjie – onherroeplik verander is deur hierdie belewenis. Sommige dingetjies het ten goede verander in die groter slegte, slegte prentjie. Soveel mense wat na ons toe uitgereik het in hierdie tyd het soortgelyke ervarings beleef.
Ek weet van baie mense wie se verhoudings met mekaar deur sulke tipe belewenisse uitmekaar geskeur is. Hollywood sou gefokus het op daardie deel van die storie en dit ’n hele (goudpot van ’n) dramatiese produksie gemaak het.
Sover dra al die verhoudings wat hier betrokke is maar redelik spanning. Ek glo dat ’n mens óf toelaat dat so ’n gebeurtenis jou wegdryf van die mense rondom jou wat omgee, óf ’n mens laat toe dat so ’n gebeurtenis jou nader aan die mense rondom jou bring weens die ongelooflike hoeveelheid spanning wat daardeur geskep word.
Ek het vir Republikein begin skryf oor Mari. Met ander woorde met haar as tema. Vandag skryf ek weens haar. Te danke aan haar. Ek mis haar elke dag. Soms met ’n ligte hart, en soms met diepe, diepe hartseer. Maar al het ons nie antwoorde nie, het ons vrede oor waar sy haarself deesdae ophou. Vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ek wens daardie vrede vir enigeen om my ook toe, ongeag wat die omstandighede is.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie