Opvoeding is onskuldig
SMN 30 jaar gelede
Chris Jacobie – Daar moet iets wees soos oerinstinkte wat in mense ronddwaal en wat nie geïdentifiseer is nie.
Dit verklaar waarskynlik die aantal sielkundiges met plase, hul eie vliegtuie en vlote luukse motors wat in motorhuise staan wat aan trosbehuising herinner.
Terwyl die dollars inrol, verduidelik hulle die vordering met navorsing oor hoekom mense lieg, steel en bedrieg en dat al hierdie dinge – volgens hul voorlopige bevindings – alles te doen het met hoe jy grootgeword het.
Daar is te veel getuies in howe wat juis opvoeding die skuld gee vir allerhande wandade teen die res van die samelewing, terwyl moeders en vaders in dieselfde hofsaal hartverskeurend huil omdat hul stil en voorbeeldige Pietertjie ’n kar gesteel het en drie mense in ’n woedevlaag doodgery het.
Hierdie “stil en voorbeeldige kind” voer gewoonlik aan dat hy uit ’n gebroke huis kom waar hy nie genoeg aandag gekry het nie en dat hy as gevolg daarvan besluit het om sy nefie met ’n stuk bloudraad op te hang.
Terwyl die regter die man vir lank tronk toe stuur, skeur hy gewoonlik sy klere en basuin sy onskuld uit, terwyl hy fluister dat hy nou uiteindelik die erkenning gekry het waarna hy gesoek het.
Die ergste is dat daar iewers in die hof ’n meisie sit wat die moordenaar nie eens ken nie, maar aan persmanne vertel hoe lief sy die “stil vreemdeling” gekry het wat hom in ’n laaste desperate oomblik na moord gewend het, om die liefde te kry waarna hy so lank gesmag het.
Kort voor lank is daar ’n foto van ’n troue in die tronk in koerante waar ewige liefde aan mekaar gesweer word.
“Ek sal vir ewig by jou staan en vir jou wag, my engel,” verseker die twee mekaar wat nie eens toegelaat is om sedert die vonnisoplegging hande vas te hou nie.
Daarvandaan hou die koerante die volk ingelig oor die vordering van die huwelik en Sannie se eerste gebakte hoender vir Pietie haal die voorblaaie van koerante, terwyl ’n bewaarder in die agtergrond probeer om dit deur die tralies te forseer.
Nie te lank daarna nie volg petisies om die “ware liefde” ’n kans buite gevangenisskap te gee, want Pietertjie het nou die erkenning wat hy gesoek het en daarmee het die rede vir sy moordlustigheid ook verdwyn, reken die petisionarisse.
Wanneer die petisie misluk, is dit weer die ou verhaal van die twee wat vir mekaar sal wag ten spyte daarvan dat die regter op ’n vonnis van 415 jaar sonder die moontlikheid van parool besluit het.
Nou begin die poppe dans en die koerante skryf van Metusalem se rekord wat Pietertjie gaan oortref sodat hy en Sannie se liefde aan mekaar beantwoord kan word.
Selfs wanneer die huwelik ná die eerste opwinding van aandag begin verflou en die belangstelling in hierdie verhouding begin vervaag, soek die mense na nog nuus oor dié onreg teenoor ’n gevangene van “omstandighede”.
Wanneer sy uiteindelik met Pietertjie se eie persoonlike tronkbewaarder trou, is dit die “grootmoedigheid” van Pietertjie wat die aandag trek.
Dan word Pietertjie geprys vir sy mededeelsaamheid en die vryheid wat hom nie beskore is wat hy nou vir Sannie gee.
Sannie verduidelik dat sy en Pietertjie skei omdat hy die afgelope 35 jaar nog nie een aand by die huis geslaap het nie.
Hierdie tendens moet sielkundiges vir al die “normale” mense op die aardbol uitlê.
Anders aanvaar ek dat ’n mens is wat jy is en dat die beste ouers nie van ’n krimineel, barbaar en swaap iets anders kan maak nie.
Dan is hulle vir ewig onskuldig. – 5 Mei 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie