Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Oud van jongs af

Iréne-Mari van der Walt
Ek het nie baie raad wat ek iemand kan bied nie, maar een brokkie uit dié bietjie is om uit ander se foute te leer. Glo my jy sal nooit lank genoeg leef om al die foute self te maak nie.

Weens dié feit is middeljarige vroue wat reeds getroud is en kinders grootgemaak het, bodemlose bronne van kennis en wysheid.

Senior burgers bied meer wysheid as kennis, maar ’n middeljarige ma van twee tieners sal vir my kan sê hoe om te toets dat ’n baba se badwater nie te warm is nie en sy sal ’n brokkie moederlike wysheid oor selfvertroue kan gee.

Een van my ma se brokkies wysheid was om alles een keer te probeer en die goeie te behou, maar tydens ’n gesprek met ’n groep vroue met kinders wie se skoolloopbane einde se kant toe staan, vertel hulle oor hulle wilde aande. Ek het heel nostalgies geraak oor nagte wat ek nooit beleef het nie en liedjies waarop ek nooit gedans het nie en ek wens toe meer as enigiets dat ek daardie soort vryheid kan ervaar.

Met kamera’s in die palm van ons hand waarmee ons enigiets kan afneem wat selfs net ’n bietjie skandelik is en die metodes om dit te deel agter die toep-ikoon net langsaan die kamera, moet vandag se jongmense twee keer dink voor ons ’n verkeersteken in die kattebak laai ná ’n rowwe aand.

Niemand kan bekostig dat so iets die wêreld bereik nie. Reputasies is deesdae so broos en daar is nie ’n kat se kans dat ons by ma en pa kan gaan afpak as ons werkgewers ons vra om ons sakke te pak vir enige onbenullighede nie, want ma en pa kan dit ook nie bekostig nie.

In ons skooljare was dit te belangrik vir ons om agter die boeke te wees, want ons moes verseker dat ons so gou as moontlik uit ons ouerhuis trek. Daar was nie tyd om verveeld in die strate rond te hang op soek na kattekwaad nie en nog minder sou ons dit deur die nagevolge van ons kattekwaad kon maak.

In die ou dae was die nagevolge minimaal, want daar was genoeg speëling in die reëls vir kattekwaad, maar as gevolg van daardie einste kattekwaad word die reëls net meer en meer en die leiband waarop ons jongmense hou, word al hoe korter. Daar is nou regte nagevolge vir sinnelose sondetjies in die reëlboek ingeskryf.

Natuurlik speel ons digitale toestelle ook ’n rol hierin – of jy glo dit beroof ons kinders van hul kreatiwiteit of die bietjie tyd wat hulle wel kon hê vir onskuldigde stout wees.

Al wat ek weet is dat ons iewers die prettigheid in jonkwees verloor het.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!