Aldo Horn
Aldo Horn

Ouma is ’n sosiale konstruksie

Ek het drie oumas en drie oupas. Nie een van hulle was geskei of weer getroud nie. As ’n mens nou baie tegnies wil raak, kan ’n mens sê dat een van dié oumas en oupas nie ’n “egte” ouma en oupa is nie.

En tegnies sal ’n mens reg wees, maar ook net as jy na “ouma” en “oupa” kyk as ’n bloedverhouding – en ek glo nie dat dit die mees akkurate kriterium is nie.

Ek sal my ouma en oupa, wat tegnies my pa se oom en tannie is, met my hele hart verdedig. Elke keer wat ons op die plaas was tydens Desember, het hulle ons genooi om te kom koffie en beskuit eet, daar te kom braai en Kersfees saam met hulle te vier.

Die paar kere wat hulle al die pad Windhoek toe gekom het vir die skou, het hulle by ons gebly. Ek het meer met hulle kontak gehad as met my ouma en oupa in Suid-Afrika en my ander ouma en oupa by die see.

Alhoewel ek weet dat al my oupas en oumas my liefhet, was my aangenome grootouers die meeste betrokke.

Dus, in my opinie, is “ouma” nie ’n biologies-bepaalde rol nie; dis ’n sosiale een. Dis ’n opgemaakte verhouding tussen twee mense. Ons besluit iemand is ’n ouma, ’n ma, ’n broer omdat hulle daardie rol aanneem – nie omdat die familieboom dit so aandui nie.

Ek was onlangs saam met ’n kollega na hul tuisdorpie in die noorde van Namibië toe. Só stel hy sy een familielid aan ons voor: “Dis my tweede ma, wel, eintlik is dit my tannie, maar sy is soos ’n ma vir my.” As hy met haar praat, noem hy haar ook “ma” en nie “tannie” nie.

Dit is stories soos dié wat my tot die slotsom gebring het dat familietitels meer gaan oor die sosiale omstandighede eerder as ’n definisie in ’n woordeboek. Ons almal het al stories gehoor van ’n familievriend wat “soos ’n oom” is, of twee boesemvriende wat basies broers is.

Dalk kan daar op die punt gevra word: Hoekom maak dit saak? Maak dit regtig ’n verskil in enigiemand se daaglikse lewe?

Ja, dit doen. Die rede hoekom ek soveel klem lê op die persoon se rol eerder as die stamboom, is omdat ons titels gebruik om die geldigheid en kwaliteit van verhoudings te beoordeel. Die verhouding tussen ’n kind en hulle ma is mos baie sterker as die verhouding tussen dieselfde kind en hulle tannie – of gewoonlik is dit.

Die voorbeeld wat die noodsaaklikheid van hierdie onderskeid tussen rol en verwantskap die beste uitbeeld, is die verhouding tussen ’n aangenome kind en die mense wat hulle aanneem. Daardie kind, sonder enige bloedverwantskap, is 100% daardie mense se kind en daardie mense is die kind se ouers. Dit gaan oor die rol wat hulle in mekaar se lewens speel.

Ek hoor elke nou en dan nog die sentimente dat aangenome kinders nie die mense se “egte” kinders is nie – die sentiment is nie algemeen nie, maar elke nou en dan steek dit kop uit.

Dit was immers by my derde oupa se verjaardagpartytjie waar die een tannie effens te veel wyn gedrink en begin vertel het hoe sy altyd kinders wou gehad het, maar nie kon nie. Ek het gevra of sy ooit oorweeg het om kinders aan te neem, en met ’n hartseer sug het sy vertel dat sy dit oorweeg het, maar sy het daarteen besluit omdat dit “nie haar egte kind sou wees nie”.

Wat beteken dit ooit om iemand se “egte” kind te wees? Hierdie tannie sou ’n fantastiese ma gewees het – maar nou mis sy uit.

Ek sê nie almal móét aanneem nie, maar moenie toelaat dat arbitrêre titels die waardigheid van jou verhoudings bepaal nie.

Ouma is ’n sosiale konstruksie – en so ook elke ander titel. Ons besluit wat dit beteken. Daarom noem ek haar Ouma Hanna en nie Tannie Hanna nie.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%