Charlotte
Charlotte

Ousie-ma gaan Windhoek se kwak toe...

Charlotte Beukes-Muundjua ([email protected]) - Maandagmôre, rou soos 'n vars gevlekte beeslewer. So voel Ousie-ma - rou, verbouereerd, alle emosies wat derms en kop en hart gat-omhoog laat staan. Sy moet Windhoek se dokters gaan sien. “Wat is hoeka so waffers oor hulle? Almal het

mos doerie jare in die Republiek gaan leer,” dink die ou vrou vererg. Die Kloofkoffie bied geen troos, die hoenders se krap-krap is skielik 'n ergernis en sy wens sy was so argeloos soos die geveerdes. So het broer Gert se klong aangebied om die bondel senuwee Ousie-ma weg te vat, want haar dryfliksens ken net Rehoboth toe en terug. Sy het 'n maagaandoening. Rehoboth se ou Dokter het net oor sy bril geloer en gesug. Sy bou winde op vir die geringste kossietjie of drinkding. Haar windbreek klink soos die bulk van 'n vendusie-os. En die aardige sooibrand! Die pad na Windhoek is 'n teistering. Het die kop hoeka nie 'n afskakelknop nie?

En toe sit sy voor 'n jong doktertjie. Min woorde. Sê net “tannie, ek het die brief gekry van jou dokter. Gaan om die skerm, trek boklere uit en trek die japon aan."

Ousie-ma se mond val oop. Rehoboth se dokter het dan net die bloes opgelig! Heel uittrek? Om te wat? Waste vuilgeit is dié nou?

"So wat kan tannie my vertel?"

“My kjeend, ek ken nie die slim naam nie, maar daai afskorting bo die maag makeer definitief iets.”

“O, die mantelvlies? Dis heel normaal dat dit ingee met die jare."

Nou klink dit dan soos 'n ou Ford, dink Ousie-ma.

"Ons doen sommer 'n sonar, dis beslis 'n breuk."

Titsê, dink Ousie-ma , ek het dan gedink dis net glasgoed wat breek.

"O so julle gaan kiekies vat van my binnekant? Dit lyk seker woes daarbinne? Laasnag se dough-boys en skaapribkooksel was te lekker!”

So is die uitslag toe 'n breuk. Ousie-ma word verduidelik dat verkeerde kosse dit sal vererger. Want hulle sny nie aan dié ouderdom persoon nie. Minder vet vleis, suurdeegbrood, ertjiesop. Die lys is soos 'n doodstyding. Die ou girl raak vaal om haar kuwe soos 'n barbervis in slyk waters. Daai skaap is dan so geil nou. Hoe nou gemaak met my kaiings? So kry sy 'n handvol pille en n melkerige ding wat sy gereeld moet drink. Sy moet ook laatnamiddag die laaste ete neem. Druipstert is sy weg, maar nou nog Wernhill Mall toe want broer Gert nodig paar goed. En sy self nodig jammerlappies en 'n werfbesem. Opgef*k, hande oormekruis sit Ousie-ma en bekyk die ge-op-en-af. Meeste jongspan. Dis 'n sleepvoet loop en bubblegum gekou erger as 'n koei. En die kaal boude wat dril soos jellie.

Troue Heiland, waarvoor het daai klimmeid so 'n knap bloes aan sonder 'n frokkie (kamisool)? Dis dan net pramvette wat oweral uitpeul. Neh tog, mens maak toe wat onfraai is. En die ander meidjie se maag hang oor haar dinges. Ek skat haar onder dertig, Dis nou van Kentucky en Hungry Lion.

En dan kom loop 'n klong verby wat wragtig sonder 'n belt dorp toe kom, sy hele slaapbroek ( trunkie) steek uit! Sy sit en knaag maar aan die kaalgat- biltong wat sy gekoop het, vet is mos haar dood. Met die omkyk lê en loop broer Koos se dronkgat seun aan. Moet die duiwel haar so tamteer? Die jong het 'n kankerstem wat in jou oor steek soos 'n breipen. En 'n dronk gesprek het geen rigting, net 'n laaaang sop. O Vader en die wynwalms!

Gelukkig is haar saamrymens terug. Met die wegloop sien sy nog skokke - 'n jong swanger vrou met 'n Vest-stof rok. Dit span, sy lyk skoon soos 'n vraagteken. Die anner een het wimpers langer as haar melkkoei sin en die lewenslange naels. Titse, kan sy ooit deeg knie en hoe gemaak met die toilet gebruik? Here wees U volk genadig wat U kunswerk so mismaak! Die ander het plakkies aan wat lyk soos binnekamerslippers en doer loop ene met hoë polvye, sy trippel soos 'n kraanvoël. Dis mos 'n gevaarte! Die ergste skok was 'n vrou met 'n neusring soos 'n bees. Ousie-ma is heel van taal af!

Die pad terug plaas toe is soos 'n maand se vuil wasgoed soos Ousie-ma se kop die Windhoek-ervaring probeer skoonwas. Terug op haar werf. Dankie Vader die strafdag het tot 'n einde gekom. Die hond lag in sy stert en groet met 'n beenvryf, die veld- en dieregeluide 'n lofsang. Alles ruik skoon soos die dag toe God die aarde klaar geskep het. Die dokter se opdragte is nou effentjies, vergeleke met die Sodam en Gomorra wat haar hart in 'n kort wyle pap gedruk het. Hierso heers vrede, hierso is sy 'n mosterdsaad van haar Skepper. - Gasskrywer

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...