Gert Kruger
Gert Kruger

Pap gaan gewild wees

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gert Kruger – “O, mieliepap laat my staan, sodat ek kan café toe gaan!”

Dit sal waarskynlik hier teen die einde van die jaar Namibië se gewildste liedjie wees, want met die bykomende verkoopsheffings wat vandag in werking tree, lyk dit of mieliepap sonder suiker menige huisgesin se hoofdis gaan word.

Goeters soos gebraaide biefstuk met sampioene sal net deur die “rykes” bekostig kan word.

Rolf Wehnert van Alpine Caterers sê vir my dat die man op straat van gister af ongeveer 5 persent ekstra sal moet opdok as hy kos koop. “Dis nou nie deskundig uitgewerk nie, maar darem so min of meer.”

Byvoorbeeld sal ’n ontbyt bestaande uit mieliepap sonder suiker tussen 50 sent en 70 sent kos, terwyl ’n meer luukse een met spek, eiers en ’n geroosterde broodjie ’n man tussen sewe en tien rand uit die sak sal jaag.

“Man, mieliepap sal ek nog eet, maar wat sê die Klipdrift-manne.”

Jammer maat, hier is daar ook geen kans om verby te kom nie. Die manne is ook nog nie seker hoe die nuwe heffings moet werk nie. Jy sal maar moet begin om vrugte bymekaar te maak en die keteltjie reg te kry. Gelukkig raak dit nou somer en sal vrugte hopelik vrylik beskikbaar wees. Moet tog net nie koop nie, anders gaan jou mampoer duurder wees as die ingevoerde Franse vonkelwyn.

Dié Rooi Taks lyk dit vir my gaan aan die een kant dood beteken, terwyl dit aan die ander kant weer lewe gaan gee. Nuwe motors, onderdele en dienste sal meer kos en handelaars sal waarskynlik ’n afplatting ondervind. Aan die ander kant sal diegene wat oom Polla se koperdraad so skaai weer ’n oplewing in hul bedryf toon, want “backyard mechanics” sal met die verhoogde pryse van onderdele meer koperdraad benodig.

Duurder motors sal darem die voordeel hê dat minder ouens dit sal kan bekostig. Die kettingreaksie hierop kan net voordelig wees. Dink net! Minder taxi’s, padvarke en ongelukke.

Die jonger garde is waarskynlik nie so gelukkig met oom Gert se taks nie.

Hulle moet nog huis opsit en wie kan dit nou doen as sofas, potte en panne en al die dergelike goed wat nodig is nou duurder is.

Die manne wat nog op jag is na die nooi van sy keuse, verdien natuurlik ook simpatie. Laventelwater gaan nou so duur wees dat die jongmanne nie meer soos pierewaaiers esse voor die meisies sal kan gooi nie.

Dieselfde geld die Evageslag ook. Mooimaakgoedjies gaan al skaarser op hul maandelikse begroting word.

Die manne wat ná alles nog lus gaan wees om na meisies te kyk, sal maar tevrede moet wees met sulke ou vaal muisgesiggies.

Miskien noop dit die manne om soos die Transvalers met bokmisspuug-kompetisies en die meisies met breikompetisies te begin vir tydverdryf.

Daar is darem een ligpunt. Dit lyk of oom Gert ons nie heeltemal in die grond wil boor nie. Ek sien hy praat darem van moontlike veranderinge wat die man op straat kan bevoordeel.

Heldedag is nou wel verby, maar as oom Gert dié veranderinge maak, sal elke Namibiër op straat gaan stilstaan as oom Gert verbykom en saggies sê: “Daar gaan ’n man verby.” – 2 September 1993

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!