Pofferasie-generasie
Charlotte sê maar net - [email protected]
Ons ongepoleerde diamante, die ouer gardes, was heel g’rus: Lelik, dik, kroes, skewe tanne – die lot!
Maar ons was elkeen vroulik uniek verby dit wat net die blote oog kan sien.
Maar so kan die ding mens mos met mooi niks tevrede wees. Spesifiek die nuwe generasie.
Dit het alles begin by daai Kardashian-klimmeide, die ma ingesluit.
Alles word opgepof: Lippe, wange, buuste en agterstewe!
Hoe de hoener-koek kan “klaar-mooi” mense so peuter aan Ons Skepper se perfekte patent?
(So sou my oorlede Oupa Hans sê en nog byvoeg: “Jy’t skoon die fatsoen van vroumens verloor en dat
vir wat?”)
En die hele wêreld klim gretig op die “oppof-skip”, reken dis die toppunt van sexy.
Die Chinese wat vir elke geldmaak-geleentheid wag ( want hulle slaap skaars), ontwerp toe die
“sterrepantie” sodat strykplank vroue darem ook 'n ou spoedwalletjie agter het.
Gereken die “pofbroekie “ is vergesog? Aikôna, toe sien ek die “parrabroekie; my vrek, hele baba-
vuis! ( Hoor die Rooinekke praat van “camel toe”.) Dis vieslik.
Ouma Bertha sou weer sê: “Om nou wat gelyk te kry of te bewys; het die Eva-geslag dan nie meer n
vel oor die gesig? ( wat 'skaamteloos' beteken)"
Buustelyfies, beter bekend as bra’s, word opgepof sodat die vervalle "boobies" ( teesakkies) penorent
staan soos jong soldaatjies. Dié wat geld het, gaan vir die operasie. Ja, dis die generasie van operasies.
Jy kry ook die oordrewe opgepoftes. Ek noem hulle sommer die “long-papdrukkers”, want smaak dit
druk op die krop en kom tot knap onder die gorrel.
Nou hoor hiersô, uit die mond van 'n Namibiese halfnaaitjie (Duits/Damara/Malay en stewige wortels
van Saartjie): Daar's tokkol sexy aan groot agterstewe. Weet julle hoe voel dit om daai massiewe
boerpampoene op n no. 5 voet te karweie... lewenslank?
Dit voel soos om 'n sleepwa met 'n trapfiets op 'n grondpad te sleep... opdraand, nog erger! Net dié wat
ondervind het, weet. Hakskoene is uit soos oubaas by oumiesies. Jy waggel, spartel soos 'n volstruis met
die wind van agter.
Ek bly maar weg van fraai somerrokkies, want ek bring Sponge Bob en Big Bird van Sesame Street terug.
Heupe 'n hele kontinentale kussing.
Ja, hoor my lied, dis 'nswariggeit om 'n Saartjie-lyf te hê; alles behalwe vleiend. As jy nié die groot Afrika
Moeder se gene het nie, los net! Konsentreer op wat jy gratis gekry het. Waardeer jou sportiewe of
modellyf. Jou gene is anders; leef dit uit met trots. Los vir silikoongoeters!
Ons begeer dan die effense lyfies veral in die moordende hitte. Onthou ,warm lug hang langer tussen
heuwels en klowe. Op hierdie rype ouderdom smag ek tog ook na 'n blommetjiesrok sonder dat my
grote lyf die blomme aan’t lewe kry soos ek beweeg.
Op 'n positiewe noot moet ek erken dat ons Xhosa-meisies tog té smaaklik daai boerpampoene swaai,
nogal in 'n knap rompie. Kyk gerus vir “Cash Kontant”-dansuitdaging op TikTok.
Ek’s skoon bruin Barbiepop tussen die girls, my boerpampoene skielik skorsies! en flop loshande met
die gatswaai.
En weer eens met die pofferasie-optog ly die nuwe generasie mans erg, want 'n romantiese nag
word 'n skouspel van namaaksels verwyder - van stert tot "boob". Dan kom die wimpers afhaal en pruik
moet iewers veilig parkeer en o wee, daardie vampiernaels! 'n Gevaarte inni kooi. Wat 'n bedrogspel, 'n
antiklimaks want mooi poppie in die diskoligte verander plotseling in 'n sangoma nadat die grimering
afgesweet is en operasie “afbou”.
Ek sluit af met oupa Hans se woorde: “Hou op om julle mis-maak en laat-sien; die regte oë sal jou
raaksien, platneus of te not.”
Myns insiens lê sexy verder dan sien, nes 'n pêrel versteek is vir die regte duiker om te ontdek.
Toodles, met my half-naaitjie heup-swaai! Wees lief vir jul oorspronklike vroulikheid!
- Charlotte Beukes-Muundjua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie