Prosit, op talle van ons ellendes?
Sondagnamiddag. ’n Persblou taxi jaag verby die sluimerende huise. Die bestuurder gooi ’n 1 liter-bierbottel oor sy skouer by die venster uit. Dit val op die middelman se gras en rol af tot in die teerpad.
Voor ons huis.
Stop jy enige langnaweek, maandeinde, Vrydag of Saterdag en selfs Sondae by ’n vulstasie en sit ’n bietjie na die mense rondom jou en kyk – mag jy dalk geskok wees om te sien, dit is die stilhouplek waar daar met glase uitgeklim word.
Bestuurder en sy vrolike span passasiers kom koop soms ’n bietjie ys en die drankglasies word volgemaak. Prosit, eerste ’n bietjie goue vloeistof onder. Opgevul met kola en ys. Lekker.
Dan pak ons die lang afstande van ons land verder, haastig-haastig aan.
Die afgelope naweek het gevolg op ’n betaaldag en raai wat? Ek sit Vrydagoggend in die voertuig buite ’n bekende winkel wat kampeertoerusting en voertuigonderdele verkoop. Langsaan kom stop ’n bakkie met drie vrolike insittendes.
Passasier nommer drie, “gesuit en getie”, klim met ’n bierblik in die hand uit en staan ’n oomblik en geniet sy drankie op die sypaadjie. Hy knoop vrolike praatjies aan met verbygangers en mik vir hulle onderdeur ’n vraende wenkbrou. Asof hy so bietjie sukkel om te verstaan. Dan plak hy die leë bierblik langs ’n paal neer en gaan die winkel binne.
Voor kruidenierswinkels, dieselfde. Bakkies met ver registrasienommers slaan gou die klap oop – sommer in die parkeerarea vir ’n bietjie proviand – ’n glas, ys en kola byderhand. Die pad is lank. Op die straat koes sy voertuig vir nog een wat die middag besluit het om vir ’n uitstappie straat toe te gaan, bierbottel in die hand.
Ek praat nie van hoorsê nie. Hierdie is nie geleende vertellings nie. Dit is alles wat ek met my eie oë aanskou het. Ek hoef nie daarvoor te soek nie, dit is oral rondom ons, vry om te aanskou.
Ek kan baie hiervan maak.
Kom ons praat oor Namibië se hoë ongeluksyfer en die feit dat ons klaarblyklik van die wêreld se gevaarlikste paaie het. Behoede jou en jou gesin, jou klein kindertjies, wat ook op hierdie paaie moet ry. Ek hoop nie vandag is julle of óns dag nie.
Ek ys elke keer as my huishulp vertel dat die taxibestuurder hulle hoofstad toe gery het met ’n bierbottel vasgeknyp tussen sy bene.
Daar is meer: Die erge armoede waaronder die groter meerderheid van ons medemense gebuk gaan. Daar is nie kos en werk en geld nie en sopkombuise en kerke kan nie voorbly nie. Armoede diskrimineer lankal nie meer as dit by ouderdom en velkleur kom nie. Dit het oud en jonk in sy wurggreep, want pappa en mamma se dors moet eerste geles word?
Bakhand is al wat oorbly. Dalk vir die kleinspan ook ’n bietjie gom of meer om die hongerpyne te stil, in die voetspore volg hulle? Ek vra vir ’n vriend.
Daar is ook vrouens van ons land wat voos geslaan word, misdaad, vuisslanery, verkragting. Seker nie alles alkohol en ander middels se skuld nie, maar hoeveel daarvan is die goed se skuld?
Moet my asseblief nie kruisig nie. Ek het niks teen verantwoordelike drankgebruik nie – in al sy vorme. Inteendeel, ekself is geensins ’n geheelonthouer nie.
My wens vir jou is dat jy vandag en tydens die komende vakansie veilig sal wees op ons land se paaie. Mag ons dink aan die wat niks het om te eet nie en alweer pakslae in hul huise kry. Mag ons dalk ook wonder hoekom hierdie dinge gebeur en watter hand ons sterk as ons wel hulp verleen.
Mag ons (en owerhede) se oë ook in hemelsnaam ook net oopgaan en mag ons ’n appel vir ’n appel aansien.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie