Raad wat jy liefs moet vermy
Het jy al ooit raad ontvang wat jy in jou hart weet jy eintlik moet vermy? Maak nie saak hóé goed die persoon dit bedoel het nie?
Hierdie brokkies kom van oud, jonk, vriende, kollegas – noem maar op; iemand het altyd ’n eier te lê.
Wie het al ooit gehoor “wenners gee nooit op nie!” Dit mag waar wees, maar aan die anderkant as jy soms nie tou opgooi nie, dan is jy dalk jou lewe lank in ’n slegte situasie vasgevang.
Dan is daar variasies van “volg jou hart en passie!” Die realiteit is jou hart en passie kan soms aan die dom kant wees. Dan is dit dalk beter om eerder na jou brein te luister. Soos een man skryf: “Ek het jare lank na my passie gesoek en tyd en geld gemors. Ek het dit nie gevind nie, en dit het my net hartseer gemaak. Later het ek besef dat passie nie iets is waarmee jy gebore word nie; dit is iets wat jy ontwikkel.”
En “goeie dinge kom na dié wat wag”. Dis glad nie so nie. Goeie dinge kom na dié wat hard werk en geleenthede aangryp.
So tussen die ernstige raad deur, is daar ook heelwat skreeusnaakse brokkies, soos byvoorbeeld die man wat skryf dat sy pa vir hom gesê het om nie dokter toe te gaan as hy net één kwaal het nie. Sy raad: Wag tot jy vier of vyf kwale het en kry dan waarde vir jou geld!
Monika Lewinsky deel op Twitter dié raad wat sy gekry het: “’n Internskap by die Withuis sal ongelooflik op jou CV wees.”
Teeheehee!
Moet ook nie altyd jou beste pêl glo nie. Een ou vertel die eerste keer wat hy soesji geëet het, het sy goeie vriend vir hom gesê om die groen goed te vat en dit orals te smeer, want dit sal beter smaak.
“Kry net nog ’n kredietkaart; dis gratis geld.” Dié juweel kom van ’n vrou wat duisende dollar skuld en nog nie besef het dit moet terugbetaal word nie.
Iemand anders vertel haar pa het altyd vir haar gesê om nie flikkerligte te gebruik nie, “want dis niemand se saak waarheen jy gaan nie!”
So gepraat van rondry, nog ’n pa se raad – blykbaar heel ernstig oorgedra – is om heen en weer in jou baan te weef “sodat al die ander motors ver van jou sal wegbly”.
Aan kleintjies word daar ook raad uitgedeel. “Hou op lees! Jy lees te veel; jy gaan jou oë seermaak! Gaan kyk bietjie TV!” ’n Ouma het dié lewensles by haar kleinkinders inboesem.
En dan is daar hierdie een: ’n Vrou sê sy het probeer om vir haar energieke seun ’n lewensles te leer toe sê sy vir hom: “Wanneer jy met 'n skêr hardloop, laat die punt na onder wys!” Sy pa het dalk die beste raad gehad: “Of moet eenvoudig glad nie met ’n skêr hardloop nie”.
Die beste raad wat ek self al gekry het?
Luister na almal se raad, maar besluit self wat vir jou werk.
En die laaste wyse woorde: “Trust me”. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie