Reën en verwoesting
Die afgelope paar dae het groot dele van Australië onder swaar oorstromings deurgeloop, met gemeenskappe wat letterlik onder water is.
Beelde van huise wat verswelg is in modderige water, paaie wat soos riviere lyk en mense wat uit hul huise gered moes word, herinner ons aan die brute krag van die natuur.
Hier in Windhoek het ons ook die afgelope twee dae swaar reën ervaar. Hoewel dit nie naastenby op dieselfde skaal as in Australië is nie, het dit tog ’n tasbare impak op ons infrastruktuur en mense se lewens gehad.
’n Man (87) het gesterf nadat die water Dinsdag sy voertuig meegesleur het. Dit was glo die man se verjaardag.
Die reën is altyd welkom in ’n dorre land soos Namibië, maar wanneer dit te vinnig en so baie op ’n slag val, bring dit sy eie uitdagings. Net soos ons dankbaar is vir die reën, moet ons ook versigtiger en meer verdraagsaam wees.
Ons paaie, wat reeds vol slaggate is, word verder verswak deur die aanhoudende reën. Water versamel in die gate, en met elke voertuig wat daardeur ry, raak die oppervlak net al hoe slegter.
Dis nie net ’n probleem vir ons voertuie nie, maar ook vir ons veiligheid op die pad. Windhoekers het die afgelope dae gesien hoe riviere oor paaie spoel en selfs voertuie wat meegesleur word. Dit is ’n angswekkende herinnering dat water, so noodsaaklik as wat dit is, ’n vernietigende krag kan wees.
Australië se oorstromings is deels die gevolg van klimaatsverandering, wat uiterste weerstoestande oraloor die wêreld vererger. Ons sien dit ook hier: langer droogtes en dan skielike swaar reënbuie wat erosie en skade veroorsaak.
Dit is duidelik dat ons infrastruktuur nie gebou is om hierdie uiterste toestande te hanteer nie.
Wat kan ons hieruit leer?
Eerstens, dat ons stedelike beplanning en dreineringstelsels beter by hierdie tipe swaar reënval aangepas moet word. Dit is nie meer ’n seldsame verskynsel dat Windhoek “in ’n rivier verander” wanneer dit reën nie – en as ons nie oplossings begin vind nie, gaan dit net erger raak.
Tweedens, as bestuurders moet ons versigtiger in sulke omstandighede wees. Dit is aanloklik om deur ’n watermassa in die pad te ry, maar ons het gesien hoe voertuie maklik deur die krag van die water meegesleur word. Dit is beter om ’n alternatiewe roete te neem of te wag tot dit veilig is.
Laastens, hierdie gebeure herinner ons aan die belangrikheid van jou gemeenskap. In Australië het mense mekaar uit die water gehelp; hier in Windhoek het ons gesien hoe mense ander waarsku oor gevaarlike areas en selfs mekaar help om voertuie wat in die modder vasgeval het uit te kry. In tye van nood is dit hierdie samehorigheid wat ’n verskil maak.
Oorstromings, hetsy in Australië of in Windhoek, wys ons dat die natuur sy eie wette het. In Namibië sal ons altyd dankbaar wees vir die reën, ongeag die ongerief en gevolge wat dit veroorsaak.
As ’n gemeenskap moet ons net geduldiger wees. Neem eerder die ompad en moet nie op padgebruikers skree wat al hul bestuursvermoë vergeet het die oomblik toe ’n paar druppels begin val het nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie