Reëntyd versoeningstyd
Sê maar net 30 jaar gelede
Gert Kruger – Eers groet hy saggies. . . amper skaam – nes die jong man wat graag sy liefde aan die meisie van sy drome wil uitbasuin, maar te bang is om die woorde te uiter.
Dan groei die selfvertroue en die groet word al harder totdat dit uitbars in ’n reeks donderslae.
En so amper asof hy jammer is oor sy robuustheid, maak hy sy tuit oop om die beangstheid van sy luisteraar met die koelte van water te lawe.
Dan, so asof hy ’n mens daaraan wil herinner dat hy steeds teenwoordig is, flits sy ligte met aanhoudende reëlmaat.
Net so vinnig soos hy dag gesê het, so vinnig groet hy weer en huppel verder terwyl hy saggies neurie in die wind.
Sy groet is ook die teken vir al wat leef en beef om uit die gate te kruip en die spoor te neem tot waar die bruisende water die spoor uitwis en ’n mens begin wonder wanneer hy weer verby sal kom om dag te sê.
“Reën, reën, lieflike reën. Dit val in die land, dit val om ons heen.”
Watter groter wonder kon die Skepper uitdink om mens en dier se harte te verbly?
In Sy grootsheid moes hy geweet het dat mens en dier vandag in ’n spanningsvolle wêreld sou leef. . . dat die mensdom in ’n ewigdurende stryd met mekaar sou wees.
Daarom dan dat Hy in Sy voorsienigheid besluit het om die reën te bring – reën wat met sy reinigende uitwerking nie net die hemelruim kan suiwer nie, maar ook die mens se hart vir ’n kort rukke kan ledig van alle onreinhede.
Want is dit dan nie so dat wanneer dit reën die mens vir ’n wyle van al sy sorge en haat teenoor ander vergeet nie?
Dit is mos dié tyd wanneer kwaaivrinne saam in die water baljaar, wanneer die hond vergeet van die kat in die boom, die besteelde vergeet van die steler en die padvark vergewe word as hy deur die stroom jaag en die ander motorryer vol water spat.
Dis dan wat ’n mens saam met die sanger wil sing: “Ons twee stap kaalvoet in die reën. . .”
Of al die Windhoekers met my sal saamstem, weet ek nie.
Reën het blykbaar nie dieselfde uitwerking op almal nie. So byvoorbeeld het die stormweer van die naweek nie die dief of diewe gekeer wat Chris se radio uit sy motor gesteel het nie.
Geen wonder dat Chris gister “Ons twee stap kaalg... en alleen” gesing het nie, want sy radio is weg en nou kan hy nie na die regte liedjie luister nie.
Dit is dus te verstane dat sommige mense wens die rowers word nes al die vullis weggespoel. En nie net tot in die Goreangabdam nie. Nee, sommer bo-oor die wal see of woestyn toe.
Dalk kan die goeie reën vanjaar sorg vir die grootste wonder nog in die wêreld – dat die diewe se harte gesuiwer word.
– 15 Februarie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie