Des Erasmus
Des Erasmus

Regmaak as die son sak

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Des Erasmus – Namate Di losser raak, skryf sy al hoe meer.

Toe beland haar briefie die afgelope week met ’n interessante Britse brokkie in die posbus. Dit is dat aandsittings van Britse kleinsakehowe nou ’n instelling word.

Nou hoekom nie? Hoekom nie ook hier in Namibië nie? Dit kan selfs ’n kettingreaksie tot gevolg hê. So kan ’n ou byvoorbeeld so ’n aandhof bywoon. Terwyl hy van sy huis af weg is, kan inbrekers toeslaan. Die gemiddelde Namibiër het net klein goedjies oor. Klein goedjies wat verdwyn, kan weer tot kleinsake lei. En siedaar! Die aandsittings van kleinsakehowe is ’n instelling!

’n Hof is ’n oop ding. Dit staan enige burger vry om ’n sitting van ’n ope hof by te woon. In camera is natuurlik ’n ander storie. (Chris bedaar tog, ek sal nie die in camera-grap vertel nie!)

’n Gebrek aan vermaak skep dikwels probleme in Windhoek. So ’n kleinsakehof sal min kompetisie hê. Die NBC-TV se programme behoort taamlik maklik geklop te word. M-Net is vir my al desedae ook nie meer wat dit was nie.

So kan die hof ’n uitwykplekkie word. Verniet. En dis nie speel-speel nie, dis die drama van die lewe.

’n Aandhof kan ook ’n nuwe verskoning aan snags se laatkommers bied.

“Sorrie, skat, maar die jeets het my so opgehou”.

”Wat! Suip hy ook daar. Dis seker die dat van sy uitsprake lyk soos hulle lyk...”

In Brittanje was een van die oorweginge vir die aandsittings dat onskuldige mense dikwels afkoopboetes betaal het net omdat daar nie tyd was vir uitgerekte hofverrigtinge nie. Ek glo nogal dat heelwat verkeersboetes hier te lande dieselfde weg gaan en dat baie vermeende oortreders los sou kon kom, sou hulle kans sien om hul verweer in ’n hof aan te bied.

En sou die moontlikhede van ’n hoftoets steeds verdoemend voor ’n spietkop of ’n kamera by ’n kruising staan, sal daar dalk met minder losbandigheid kaartjies geskryf word.

Dan is daar ook die ander groepie werkers wat na hofsake smag. Hulle is so elke dan en wan daar en dan word sommer die ganse dag afgeboek. Dit gebeur langs presies dieselfde lyne as die klompie wat die gereelde doktersafsprake het net om gesond verklaar te word.

Op so ’n doktersdag sien die werkgewer hulle egter nie weer nie.

In die beskuldigdebanke sal dan die oortreders staan wat normaalweg hul kwade dade snags pleeg. Vir hulle sal dit ’n onderbreking in die misdaadketting skep.

Die groot bakleiers het altyd gesê: “Sien jou ná werk agter die pawiljoen.”

Nou kan dit straks word: “Sien jou vanaand in die hof.”

As al Namibië se misdadigers en boewe nou in ’n omvattende bekamping van misdaad gevang moet word, sal veel meer as aandsittings van howe nodig wees.

Sommer vir die volgende klompie jare sal daar dag en nag hofverrigtinge moet wees om die vrag weg te werk.

Sover dit my kennis strek, is daar nog nie ’n afkoopboete vir moord, manslag, verkragting en roof nie.

En as Di in Engeland klaar geprosedeer het, kan sy gerus Namibië toe kom en hier kom luister hoe die soewereiniteitspruit van Afrika groei en bloei. Wat anders sou ons tweetjies tog sawends kon doen.

– 9 Maart 1993

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!