Regte is nie vir leke nie
Ná twee onlangse uitsprake waar eerstens twee sibbe onskuldig bevind is aan moord en tweedens in ’n saak waarin twee selfdegeslag-paartjies se huwelike in Namibië erken word, was daar dié dag sommige wat verheug was en ander wat talle vrae oor die regstelsel gehad het.
Die kommentaar op die koerant se sosialemediaplasing oor dié twee beslissings het ons kommentaarboksie binne minute laat oorloop. Ek het wel besef minstens die helfde van die henne wat eiertjies gelê het, het nooit tot by ons webtuiste gekloek om die volledige berig te lees nie. Een of twee sinne was genoeg om die hare te laat regop staan.
Diegene wat wel die volledige berigte gelees het, en selfs diegene wat fluks genoeg was om van die vorige berigte te lees, sou weet daar is baie in die hof gesê.
Hofrekords strek gereeld oor duisende blaaie en regters sorg in die algemeen dat daar nie te veel woorde gemaal word in die hof nie. Vir ure elke dag word daar net gepraat en dít wat jy in die koerant lees, is ’n samevatting van die dag se gebeure.
Ons regters het ’n reusetaak om alle moontlike aspekte van ’n beweerde misdaad te oorweeg – nie net die besonderhede van die misdaad nie, maar die slagoffer(s) en beskuldigde(s) se omstandighede, asook die regte van die bogenoemde partye moet in ag geneem word. Die hof dra dieselfde verantwoordelikheid teenoor die beskuldigde as die slagoffer, juis omdat die beskuldigde onskuldig is tot die hof hom/haar skuldig bevind. Ek het nie meer regte as jy nie en jou regte is nie meer werd as myne nie en dieselfde geld vir ’n beskuldigde en ’n slagoffer.
Die hof moet wel in ag neem dat ’n moordslagoffer nie kan getuig om sy/haar kant van die saak op rekord te plaas nie en daarom moet die hof verseker ’n slagoffer se regte word ten volle beskerm.
Regters moet ook alle bydraende faktore in ag neem en hoe meer tyd ek in die hof deurbring, hoe minder dink ek ek sou hulle werk kon doen. Ek kan my indink dit moet ongelooflik moeilik wees om jou menswees en empatie ter syde te moet stel om elke dag die feite en meriete van ’n saak te oorweeg sonder dat jou persoonlike gevoelens betrokke raak.
Die feit van die saak is dat howe nie bestaan om ons tevrede te stel nie – ons howe bestaan om geregtigheid te laat geskied. Daardie geregtigheid maak nie altyd sin vir ons leke nie en dit hoef nie.
Jy mag wel ontsteld wees oor ’n uitspraak, maar onthou dat dit groter is as jy. Hierdie regters het jare lank regte geswot en verskerp al vir dekades lank hul kennis in die hof. Ek sou miskien nie enige regter nader as ek iets wou weet oor koekbak nie, maar hulle kan graag hul kennis en insig oor die regproses met my deel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie