Reklame is harde werk
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Dit is nou eenmaal ongelukkig so dat ons nie almal van infrastruktuur en staatsgeld gebruik kan maak vir private doeleindes nie en die meeste van ons moet maar iets aan mekaar te koop aanbied of ’n diens lewer om ons daaglikse brood te verdien.
Om jou medemens bewus te maak van die produk wat jy te koop aanbied of die diens wat jy lewer, moet jy dikwels adverteer.
Ek betrap myself dikwels dat ek deur ’n koerant gelees het sonder om behoorlik aandag aan die advertensies te gee. ’n Mens glo soms dat die advertensie maar net daar is en dat jy dit nie behoorlik hoef te lees nie.
Ek het seker nou al baie duisende keer onderdeur die groot banier gery wat oor Onafhanklikheidslaan gespan word en die banier daarbo sien hang sonder om op te let wat daarop geskryf staan.
Die afgelope Sondag vra Rupert Prenn vir my, Llewellyn Anthony, Koeriebok Barnard en Niek du Preez om hom “net gou” te help om die El Toro/SKW-tennistoernooi wat van 25 tot 27 November in Windhoek aangebied word se banier oor Onafhanklikheidslaan te gaan span.
Ewe gemoedelik willig ons almal in, want dit kan mos nou nie so ’n vreelike taak wees om ’n stuk seil oor die pad te gaan span nie.
Dit werk toe ongelukkig nie so nie. Die banier is van ’n soort plastiek gemaak en weeg ’n ton. Om die ding aan die kabels te heg waarmee jy dit oor die pad trek, is swaar werk en dit het die vyf van ons nagenoeg twee ure geneem om die banier oor die pad getrek te kry. Net om te vind dat ons die ding aan die verkeerde kabel gekoppel het! Ons moes die banier weer terugtrek en alles oor doen en in die proses het ek en Niek se vingers boonop nog tussen die kabel en die rolwieletjie beland.
Dit was ’n moeë spannetjie wat later agter die koue biere ingeskuif het en ek het onderneem om nie weer so hulpvaardig te wees as iemand my vra om hom te help om ’n banier oor Onafhanklikheidslaan te gaan span nie. Ek het darem iets daaruit geleer: in die toekoms as ek weer onder daardie banier deurry of stap gaan ek behoorlik lees wat die boodskap van die adverteerder is, want ek weet nou watter groot taak dit is om die ding daarbo te kry.
Ek het ook onderneem om in die toekoms beter na koerantadvertensies te kyk. Ek wonder hoeveel kere ek al ten duurste vir ’n item betaal het, terwyl dit in die koerant vir die helfte van die prys aangebied was.
In elk geval advertensies is ’n koerantman se brood en botter. – 10 November 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie