Rooiwyn los vlekke
Lanel (Wiesie) Kotzé – Nou die aand was lasagne op die spyskaart.
Die resep het rooiwyn as bestanddeel bevat en tydens die beplanning het ek vasgestel dat daar nie ’n druppel in ons huis was nie.
Ek was ’n bietjie laat toe ek met my inkopies by die huis aankom; ek was redelik gejaagd en manlief was op pad uit.
Ek het net die inkopiesakke op die kombuistoonbank neergeplons en voor ek myself kon kry het my dag in ’n nagmerrie ontaard, erger as wat ek ooit sou kon droom.
Die klank van glas wat in skerwe spat het die begin van die volgende twee ure van my lewe aangekondig.
Op die vloer rondom my voete in ’n area van 3,2 vierkante meter (dit was 3 x 600 x 600 mm teëls lank en wyd) was die vloerteëls besig om stadig in 1,5 liter se rooiwyn te marineer.
My argiteksoog het die rooiwyn se vordering teen ’n tempo van drie meter per minuut by die kombuisdeur uit om die hoek in die gang af gemeet en die eerste gedagte wat by my opgekom het, was dat my vermoede korrek was.
Die gangvloer is inderdaad ongelyk en dan val sy helling boonop na die slaapkamers se kant toe.
’n Herinnering aan die kinderpartytjie met ’n seerower-tema wat ons nou die dag hier by die huis gehad het, kom by my op.
Soos met ’n boot se nooiensvaart, wat met ’n bottel wyn of sjampanje ingewy word, word sekerlik geen huis behoorlik ingewy as iets nog nie daarin gebreek is nie.
Tadaaa, die huis is ingewy. Afgehandel. Ongelukkig kon dieselfde nie van die gemors rondom my gesê word nie.
Groot uitdagende take skrik my nie sommer af nie, maar toe manlief skielik moes groet en ek alleen met ’n opruimingsplan vorendag moet kom, het ek skielik so verlate en alleen op see gevoel soos Tom Hanks in Castaway.
Ek het ’n video op my selfoon opgeneem en dit aan my broer en ouers as ’n noodsein uitgestuur. Ongelukkig kon ek net hulle simpatie en lag inwin, aangesien hulle in Suid-Afrika is.
Skoonsus se raad was: Gooi sout! Die kilogramme sout wat skielik in my geestesoog in berge op die kombuis- en gangvloer verskyn het, het my laat wonder hoe ’n mens dan wyn-deurdrenkte sout skoonmaak. ’n Besem en skoppie?
Die mop met sy drie toutjieshare was van geen nut solank as wat die liters rooiwyn in golwe heen en weer oor die vloer gebreek het nie.
Tussendeur knars die fyn glasskerwe onder my skoene en my gemoed het begin draai soos ’n seesiek seerower se maag. Dit terwyl ek van bakboord na stuurboord geloop het met handdoekpapier om die ergste vloeistof op te droog.
Teen die tyd dat al die vloeistof uiteindelik opgesuig en skoon gewas is, en die glasskerwe met ’n wyn-deurdrenkte handbesem opgevee is, was die rooiwyn al so lank op die teëls dat die wit teëls in die kombuis steeds ligrooi gevlek is.
Toe ek begin skryf, het ek gewonder waarheen my “seerower-vergelyking van ’n storie” heen op pad is.
My man se raad was dat hierdie storie vir elkeen van ons ’n les moet inhou. Soos dat die lewe soms so broos soos keramiekkombuisteëls is en dat, anders as met porseleinteëls, morsige situasies soms permanente vlekke in ons en ander se lewens laat.
Dat dit nie ’n slegte ding is om ’n lewe te probeer lei wat ons en die mense om ons sonder die vlekke laat van die morsige situasies wat ons so maklik kan veroorsaak nie.
So? Hoe is dit vir ’n nugter kinkel op ’n rooiwynstorie? Ons gesels weer!
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie