No Image Caption

Rugby kry ’n rooikaart

Otis Daniels-Finch – ’n Videogreep waarin ’n rugbyspeler ’n skeidsregter tydens ’n premierligawedstryd op Grootfontein stormloop, is wyd op sosiale media versprei.

Die wedstryd het omstrede geëindig en sowat vier minute vroeg. Die skeidsregter het ’n geelkaart aan die skrumskakel van Grootfontein uitgereik omdat hy teruggepraat het ná ’n strafdoel wat teen die tuisspan toegeken is. Dit terwyl hulle sterk op die aanval was op soek na ’n wendrie.

Die regtervleuel en broer van die skrumskakel het toe die skeidsregter geplettervat en toe hy weer op sy voete kom, het hy ’n rooikaart uitgereik en die wedstryd afgelas.

Die fluitjie was egter reeds geblaas en met al die kommentaar wat gelewer is, kan ek net wonder watter leersame lesse die voorval vir die rugbygemeenskap inhou.

Wat gebeur het, is geen grap nie en moet in ’n ernstige lig beskou word. Niemand is groter as die spel nie. Hoekom sal ’n speler iets so drasties doen? Hulle sê mos elke saak het drie kante. Joune, myne en dan die waarheid.

Ons skeidsregters is onlangs van kop tot tone in splinternuwe drag toegerus. Daar is ook aangekondig dat die manne met fluitjies reeds vergoeding ontvang vir die premierligawedstryde wat hulle behartig.

Dit skep groot verwagtinge by die rugbygemeenskap wat daarop aandring en wil hê wedstryde moet op ’n neutrale manier deur die beamptes op die veld hanteer word.

Van een ding is ek seker. Elke ondersteuner wil hê sy span moet wen. Die spanne moet hulle egter op die veld bewys en dit is die skeidregter se taak om toe te sien dat die reëls toegepas word en in oorleg met vasgestelde wêreldrugby-riglyne.

Ek twyfel nie daaraan dat ons manne met fluitjies hoogs bekwaam is met betrekking tot die reëls nie, hoewel die toepassing daarvan en ook fisieke fiksheid soms luidkeels bevraagteken word. Tog is hulle mense en mense maak foute.

Die reëls verander ook teen ’n skrikwekkende spoed en ek sal graag wil weet wat gedoen word om ons skeidsregters en spelers met die nodige kennis toe te rus.

Ek verstaan ​​dat daar soms foute insluip. Selfs die Engelse Premierliga-sokker met sy vele professionele skeidsregters en die video-skeidsregter (VAR)-stelsel stamp soms koppe en laat die tonge behoorlik klap en humeure opvlam met teenstrydige onkantbeslissings en omstrede strafdoeltoekennings of -ontkennings.

Ek wil ook sê sedert NMH wedstryde aanlyn op sosiale media en NTV begin uitsaai het, het dinge met verloop van tyd merkbaar op ons speelvelde verander.

In wedstryde wat regstreeks uitgesaai word, is daar beduidend minder vuilspel, vuishoue en spelers wat vloek.

Wedstrydbeamptes het hulle ook goed van hultaak gekwyt en die skare het geleer om hulle te gedra. Van die wedstrydopnames het ook gesorg dat ’n paar rooikaarte teruggetrek kon word. Alles pluspunte vir die groei van rugby.

Dit sê vir my al wat ons nou op eie bodem kortkom is die “kyk-weer-opsie” vir wedstryde. Maar tot dan het rugbybeamptes, -spelers en -toeskouers nog ’n lang pad om te loop na opregtheid by rugbyvelde in die “land van die dapperes”. – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-07-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.06/OZ DOWN -0.0036 | Copper US$ 4.42/lb UP +0.30% | Zinc US$ 2 930.50/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 87.26/BBP DOWN -0.0007 | Platinum US$ 992.64/OZ UP +1.60% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.06/OZ DOWN -0.0036 | Copper US$ 4.42/lb UP +0.30% | Zinc US$ 2 930.50/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 87.26/BBP DOWN -0.0007 | Platinum US$ 992.64/OZ UP +1.60%