Saam kan ons dit maak
Die voorspellings van komende onheil word hardop en gedurig herhaal.
Eers was dit die droogte en die stadige doodgaan van die ekonomie; toe tref Covid-19 met mening om geliefde lewens te eis en verdere ekonomiese verwoesting te saai. Nou bedreig die rimpeleffek en nagevolge van oorlog aan die ander kant van die wêreld ons samelewing, wat reeds mislik misluk om sy mense uit armoede te lig.
Die toekoms vir Jan Alleman op straat in Namibië lyk maar bleek.
Nou wat is nuut?
Dis nie die eerste keer dat ongeluk Namibiërs in die gesig staar nie. Ook nie die eerste keer dat vrees vir die toekoms sterk op die voorgrond is nie. Ons het nog altyd deurgekom. Ons het nog altyd oorleef.
Ons sal weer oorleef.
Ek dink dis die valse tevredenheid met vrede en veiligheid wat nie sal oorleef nie. Ek reken die desperate realiteit waardeur die meeste Namibiërs daagliks gaan, sal na vore kom.
Ek dink die mooie uitsig vanaf Staatshuis se vensters sal af aarde toe moet kom.
Daar tussen die heuwels van Auasblick is dit nie maklik om die blikkiesdorpe aan die uithoeke van die hoofstad te sien nie, maar ek dink net soos in die bekende storie van MacBeth sal die oerwoud van silwer sinkhuise al nader kom mars tot mens hulle nie langer sal kan miskyk nie.
Ek hoop die aaklike gesig van die lyding van hul medemens sal ons leiers raak en hulle beïnvloed om iets daaraan te doen.
Wat moet gedoen word? Dis eenvoudig. Ons moet deel.
Ons moet met mekaar deel. Die selfsugtige ophoop van eie rykdom is die pad na vernietiging.
Dit help jou niks jy raak alleen ryk nie. Desperate tye bring desperate aksies.
Misdaad sal vermeerder. Geweld sal meer en meer algemeen raak. Armoede versprei steeds onverpoos.
Deel wat jy het, of deel in wat jy sal kry.
Ons sien suid van die grens wat daarvan kom as elkeen net vir homself of haarself omsien. Sonder regverdigheid, sonder omgee vir die volgende persoon, sonder meegevoel kom chaos, kom die ondergang van die samelewing, en uiteindelik kom die dood van jou eie menswees.
Ons gewone Namibiërs moet ons menswees behou. Ons moet dit bewaar. Ons moet dit teen elke prys beskerm. Dit doen ons deur saam te staam, saam te werk, saam te groei en saam te oorwin.
In die komende tyd sal jy opnuut jou medemens sien val. Tel hom of haar op. Wanneer jy sien hulle kry swaar, help die las dra. As jy jou medemens sien met trane in hul oë, troos hulle. Deel jou lewe, jou hoop, jou glimlag en jou vriendelike hallo.
Saam sal ons hier deur kom. Saam sal ons oorwin, en as ons eendag terugkyk op hierdie tyd sal ons kan sê hoe dit ons sterker gemaak het, hoe dit ons taaier gemaak het en ek hoop beste van alles, hoe dit ons nader aan mekaar gebring het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie