Sakke, sakke vol geld
Sê maar net 30 jaar gelede
Wanderers se groot R250 000-geldtrekking vind eersdaags plaas en die rykmanskoors loop hoog in Windhoek.
Elke man wat ’n kaartjie uitgeneem het, glo dat hy gaan wen en sommige van hulle het reeds die geld begin uitgee.
Daar by Dolf Engels se opskepplek word heerlike vakansies by eksotiese plekke beplan, nuwe huise word gebou en die mooiste motors word gekoop.
Manne wat nie kaartjies uitgeneem het nie, het al groot lenings by hul pêlle bespreek en almal kan dus saampraat oor die rykdom wat kom.
Een kêrel het klaar besluit dat hy by sy werk gaan bedank en hy verduidelik dan ook presies in watter duidelike taal hy vir sy baas gaan laat verstaan wat hy met sy joppie kan doen.
Nou wonder ek wat werklik sal gebeur as een van hulle die geld wen. Wat maak so ’n gelukkige wenner? Slaan hy bollemakiesie, bars hy uit van die lag of gaan hy aan die huil? Kollega Gert Jacobie sê hy sal eers ’n week nadat hy die geld gewen het in staat wees om te praat. Een ding wat hy wel gaan doen, is om sy hoofskuldeiser te betaal. Die ander moet maar wag, sê hy.
Chris Vermaak antwoord nie eens op die vraag nie. Hy skud net sy kop en kry so ’n veraf uitdrukking in sy oë.
Ek weet ook nie wat my onmiddellike reaksie sal wees as ek moet hoor ek het die geld gewen nie. Ek sal seker flou word en daarna sal Des vir sowat twee weke na my moet soek.
Sodra al die geld egter veilig in my spaarvarkie is, sal ek darem aan organisasies soos die Dierebeskermingsvereniging en die Kreupelsorg dink.
My pêlle daar by Dolf se plek kan vir ’n week op my koste feesvier – op voorwaarde dat hulle nie by my geld probeer leen nie.
Ruth kry ’n nuwe kruiwa om in die tuin mee te werk en die kinders kry elkeen ’n Porsche. Vir myself sal ek ’n nuwe tekenbord koop, want ná vyf jaar se wag begin dit nou vir my lyk of Nic nie vir my een gaan koop nie.
Die Minister van Finansies sal ’n nuwe telraam kry, want ek dink die een wat hy geërf het, sien maar gehawend daaruit. – 16 April 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie