Sê maar net 30 jaar gelede
Fout wat nie was nie
Constant Smit - As die padvarke gedink het ek is klaar met my gesanik, maak hulle ’n groot fout.
Die afgelope naweek moes ek op my weg plaas toe en terug weer die varkagtigheid van sekere mense op ons paaie ervaar. (Net verskoning aan alle varke. Ek het dit nie teen julle nie. Dit is net ’n uitdrukking in Afrikaans.)
Mense het geen benul waar en wanneer om verby te steek nie en nog minder van die spoed wat gehandhaaf moet word. ’n Geploeter op die pad is net so gevaarlik as ’n jaagduiwel. As jy nie kan bekostig om jou voertuig in ’n ordentlike padwaardige toestand wat teen ’n redelike spoed kan ry te hou nie, behoort jy nie ’n motor te hê nie.
Ek was skaars buite Windhoek toe ’n gevaarte skielik aan die verkeerde kant oor ’n bult gevlieg kom. Ek het my natuurlik oorhoeks geskrik en vir ’n paar minute moes ek en my passasier saamleef met ’n skewe klankie. En my briekskoene was ’n bietjie dunner.
Dit is hierdie soort mense wat hul rybewyse agter ’n bos koop. Eendag gaan ek nog meer te wete kom van daardie plek op Ondangwa by die tweede afdraai dorp toe wat rybewyse verkoop aan enige idioot wat lyk of hy ouer as tien is. Of hy of sy al ooit aan ’n stuurwiel gevat het, maak vir die verkopers net mooi bôggerol saak.
Hierdie gerug loop al ’n paar jaar rond en ek het nogal lanklaas iemand se strot uitgeruk. Ek dink dit sal my liefdesdaad van my lewe teenoor my medemens wees. Ek sal minstens baie lewens in die toekoms spaar.
En ek wil glad nie snaaks wees nie, maar om hier by die breek van die etensuur dit in die hoofstraat van Otjiwarongo te waag is iets ysliks. Dit is bakkies, lorries, karre, fietse, donkiekare en mense wat veg om ’n plekkie in hierdie stukkie straat. Elkeen wil ook stilhou net waar hy wil en elke mens wil op enige plek oor die straat stap. As oom Jan vir oom Koos aan die ander kant van die straat in sy bakkie sien ry, word die ankers net daar aangeslaan en eers ’n hond uit ’n bos gesels.
Bôgger die mense agter hulle. Ek weet hulle is al gewoond daaraan, maar hulle moet ook tog dink aan ons mense wat van ander plekke kom. Die groot geluk is dat die mense van Otjiwarongo baie tyd het en spoed geen faktor is nie. Dit is seker die rede hoekom ek nie ’n slagveld agter my sien lê het toe ek deur die dorp is nie.
Otavi se sirkel is wyd bekend en ek hoef nie veel daaroor uit te brei nie, maar vir ’n nuwe man op hierdie dorp gaan dit my nog lank vat om te leer dat die mense van Otavi die reëls van ’n sirkel anders as ek verstaan. Ek kan hulle verseker dat ek al in van die grootste stede van die wêreld motors bestuur het en daar geld dieselfde reëls nog al die jare van hoe ’n sirkel benader moet word.
Op my toggie plaas toe het ek lanklaas so baie na ’n spietkop verlang. Op my hele rit het ek een gesien wat onder ’n boom gesit het. By hom het nog ’n motor gestaan en dit moet seker sy vriende wees wat hy saamgebring het om die tyd om te kry. Dit was duidelik nie ’n kwessie van wetstoepassing nie, want albei motors se deure het lekker oopgestaan en daar is duidelik lekker stories gesels. Iewers in ons land is daar op ons paaie ’n groot fout wat vroeër jare was nie. Mense kon toe ordentlik bestuur en het respek vir hul medemens gehad.
Daar sal plan gemaak moet word voordat die padvarke ons almal afskryf. – 17 Desember 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie