Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers
Smokkel-smokkel na stembus
Ek dink dat sou jy drie Afrikaners na ’n verlate eiland verban en daar los om te oorleef, die eerste ding wat hulle sal doen is om drie verskillende politieke partye te stig.
Nou lees ek van die swetterjoel politieke partye wat in Suid-Afrika aan dié land se komende verkiesing wil deelneem. Ek verstaan daar is tot ’n party wat dagga wettig wil maak.
Die daggaroker wat die party gestig het, het seker in sy benewelde brein gedink dat sou hy al die daggarokers van Suid-Afrika by sy party kon kry, hy ’n goeie kans staan om die ANC by sy stembus te foeter.
Hier in Namibië kan ’n mens seker ’n party stig wat diefstal wettig wil maak. Sou jy dan al die diewe in die land kan kry om vir jou te stem, sal jy maklik twee derdes van die bevolking agter jou hê.
Nog ’n slim truuk is om honderde misdadigers uit die tronk vry te laat. Jy kan dan verwag dat al die misdadigers, hul vriende en familie vir jou sal stem.
Ek weet nie waarom iemand in Namibië nog nie daaraan gedink het om ’n drinkparty te stig nie. Met al die drinkers in die land sal jy maklik ’n tweederde-meerderheid agter jou skaar. Jy kan sommer jou politieke vergaderings by al die smokkelhuise in die land hou.
As jy ’n party wil stig met mense wat kla oor die NBC, sal seker net mnr. Nahum Gorelick nie daaraan behoort nie. ’n Werkloosheidparty sal ook groot aftrek kry en jy kan seker wees dat al die lede van jou party by die stembus sal opdaag, want hulle het in elk geval niks anders om te doen nie.
Ek self sal ’n prysbeheerparty stig in ’n beroep op die volk doen om my party te ondersteun met die doel om tandartse, prokureurs en paneelkloppers te dwing om billiker pryse vir hul dienste te vra.
My party sal hom ook beywer om polisiemanne, verkeersmanne, verpleegsters en onderwysers beter salarisse te betaal en ek sal die doodstraf terugbring.
My Minister van Finansies sal ook verplig word om minder geld vir luukse motors, huise, vliegtuie en kantore te begroot en meer geld vir die verstewiging van tronke en polisieselle, want dit lyk vir my of die meeste misdadigers spaarsleutels vir dié plekke in hul sakke ronddra.
As jy ’n sirkusparty aan bewing wil hê, kan jy alles maar net so los soos dit nou is.
Sien julle by die stembus. - 6 April 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie