Charlotte Beukes-Muundjua
Charlotte Beukes-Muundjua

Sewe skakerinkies van grys (vyftig is oordrewe)

Charlotte Beukes Muundjua

Aan daar gaan die gedagtes. . . wat volg. . .

’n Tydjie terug was daar ’n klein erotiese tsoenami in boekvorm getiteld 50 Shades of Grey wat teen ’n spoed wêreldwyd opslae gemaak het. Soveel so dat dit verfilm was.

So nuuskierig soos ek is oor erotika het ek agterweë gebly om my hande (en oee) op die fabelagtige skrywe te lê tot slapeloosheid my toevallig op die moewie afgestuur het.

Wat ’n antiklimaks (altans vir my, praat nie namens die ander).

Soveel van ’n kafoefel. . . menslik tel jy ’n paar tips op maar o wee. . . daar gaan hulle weer.

Teen die tyd was ek uitgehonger vir ’n storielyn.

Laat my toe dink: daar is ’n kolossale verskil tussen seks en liefde maak.

Eersgenoemde is so biologies, so kommersieel terwyl laasgenoemde ’n magiese aksie behoort te wees tussen net twee siele, let wel: nie liggame nie maar siele. Want die soort van ding is so subtiel, so delikaat. As ek dit in eenvoudige taal kon beskryf, verbeel ek vir ’n wyle ek is ’n Meester Kok met net sewe flopvrye resepte om almal op ’n huishoudelike (en opwindende) vlak te bring.

Bon appétit! Laat julle liefde-maak soos volg wees:

1. Om botter rus-rus in koekmeel te vryf wanneer jy skons voorberei;

2. Meringuetert: skei eierwit en geel geduldig om by jou perfekte meringue uit te kom... (baie subtiele dis);

3. Skilferkorsdeeg... (voorspel), tydsame voorbereiding van deeg tot die eindresep: Roomhorinkies!;

4. Koeksister: behalwe korrekte deeg weer eens temperatuur beheer en stroop regte konsistensie (verbeel net hoe heeeerlik swem die koeksister in die stroop). Kentucky kan gaan doe-doe, hierdie is die regte vingerlek-lekker;

5. Seekos-roerbraai: moenie laat die seekos reuk jou ongeduldig maak nie, nee roerbraai kan of te droog of te souserig wees as tyd- en temperatuurregulering gekortwiek word; LW: mossels is delikaat, hanteer met sorg;

6. Stywe pap met boereworsbredie: weer eens korrekte temperatuur en fokus. Pap brand maklik aan en wors word te styf en droog as jy oorhaastig is;

7. Worsbroodjie (hotdog): vars broodjie belangrik. Prik die Russian om te verhoed dat dit met eerste hap ontplof.

Voilà! Ek kan nou my voorskoot afhaal.

So oor ’n worsbroodjie eet rustig, dan kry jy weer spasie vir ’n tweede happie.

Kyk hoe oulik kan mens uit jou kombuiskas jou kop aan die kook kry en jou mond laat kwyl.

Wragtig, kort en kragtig!

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!