Shakespeare sou dié antagonis reg kon adviseer
Die gesegde beweer die pen het ’n groter invloed as selfs die skerp wapen waarmee die Ou Testamentiese uitverkorenes gestuur is om die bure se kamele en donkies, osse en skape, mans en vroue en nageslag uit te wis.
Oukei, dié dramatiese uitbeelding van die klassieke uitdrukking was eintlik nie eens bedoel as ’n skimp op die bloedige Midde-Oosterse familietwis wat geen militêre oplossing het nie.
Nee, veel nader aan ons eie bas speel hierdie sage af.
Sien, eendag, nie lank gelede nie (twee Saterdae gelede), was daar ’n sportgeleentheid in ons hoofstad se vernaamste atletiekstadion.
Die byeenkoms was aflewering 2 van ’n bestaande reeks waarvan die nasionale federasie vanjaar altesame elf oraloor die land beplan.
Twee dae tevore het die spreekbuis van die organisasie elke mediahuis amptelik en hartlik uitgenooi om te kom kyk en verslag te doen oor die deelnemers se nastrewing van Citius, Altius, Fortius.
Maar sommige van ons het reeds ’n voorsmaak gehad dat alles in werklikheid nie maanskyn en rose sou wees nie.
Sien, byeenkoms nommer een was 14 dae tevore by die kusdorp aangebied. En ons aangewese man op die toneel het ons ingelig hoedat hy deur ’n individu in beheer belet is om sy taak uit te voer.
Die antagonistiese rolspeler – kom ons noem hom The Gatekeeper – verteenwoordig die finansiële vleuel van die operasie en het tussenbeide getree om die kommersiële terrein van sy groep se eksklusiewe uitsaairegte te beskerm.
Sy teistering het daarop uitgeloop dat ons man op die toneel onverrigter sake moes omdraai en vir praktiese doeleindes nie eens toegelaat is om enige kiekies te neem nie.
Hier in Windhoek was ons dagblad se reaksie toe om nietemin agterna die uitslae te kry en die berig saam te stel oor watter sportmanne en -vroue die beste op die dag gevaar het.
Die borg se naam is nie bygenoem nie; bloot dat “Die Piet Niemand Stigting” geldpryse vir die reeks se algehele toptien op die spel plaas.
Saam met die berig het ons ’n foto van die topatleet van die dag gepubliseer, maar met FotoWinkel se hulpmiddele het ons uit protes die borg se kenteken voor die atleet se bors digitaal met wit pleister toegeplak.
So. Twee naweke later is dit hier in my eie agterplaas en sowaar, The Gatekeeper hou hom uit die staanspoor weer grensvegter. Die boodskappers met die kameras mag net op ’n baie klein gedeelte naby die eindstreep stelling inneem, sê hy. Ons word nie eens aan die buitekant van die ovaalbaan toegelaat nie en definief nie op die grasveld nie, maar ons is welkom op die pawiljoen.
“Maar ons is amptelik deur die beheerliggaam uitgenooi?” murmureer ons. “En op geen wyse kompeteer ons met julle regstreekse beeldsending nie?!”
The Gatekeeper hou egter voet by stuk oor “nuwe protokol” en hoe sy manne in uniform ons by die hek sal laat uitsmyt. En die federasie se bestuurslede trek skouers op, want die ooreenkoms is onderteken en hulle het die geld aanvaar.
Ek kan bieg dat ek effe hardekwas geraak en tot laataand die grense getoets het om in myself in posisie te plaas om materiaal te kan vaslê.
Die uiteinde: Blaai deur al daai Maandagkoerante se sportbladsye en jy sal sien dat die Niemand Stigting ná dié petaljes nog net slegte publisiteit gekry het (of niks nie). Ek wonder maar net wat The Gatekeeper se seniors van die welslae van hierdie strategie dink.
Om ’n onnodige konflik met die media te voer, is teenproduktief, soos Edward Bulwer-Lytton in 1839, William Shakespeare in 1600 en vele ander voor en ná hulle oor die mag van geskrewe kommunikasie uitgelig het.
Die sportbeheerliggaam het sedertdien ’n onsinnige nuusverklaring uitgestuur waarin hulle die storie verdraai asof ons nie self daar was nie. Hulle ontken dat die media geteister is, maar beklemtoon in dieselfde asem dat die maatreëls “niks nuuts” is nie en in plek sal bly. Selfs mediakollegas wat tevore Olimpiese en wêreldbyeenkomste bygewoon het, is verbyster deur die beheerliggaam se ingesteldheid in dié opsig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie