Skoffel ’n noot los
Sê maar net 30 jaar gelede
Gert Jacobie - Ek het die eerste keer geweet daar is iets fout met ons staatsdiens en gevolglik met die amptenary toe die opsigter van ’n woonstelblok vol amptenare aan my voordeur kom klop en ’n sakevoorstel aan my maak.
Wat presies die fout is, weet ek nog nie so lekker nie, maar dat daar ’n skroef los is, is ’n feit.
Die man, ook nie meer so jonk nie, het gesê hy pas die woonstelblok op en hy het ’n bietjie tyd op sy hande, wat hy sal aanwend om die sypaadjie voor my huis te skoffel.
Wat ’n rein gedagte, want ek wil dit nie meer doen nie – ek is my eie baas en ek het matriek, soos vriend André sou sê. Gevolglik het ek na die man se voorstel geluister en hom net gevra of dit dan reg sal wees as hy, ’n staatamptenaar, nog private werk aanvaar. Aan my vraag het hy hom so min gesteur dat hy my nie eens geantwoord het nie.
Hy was lankal weg toe dink ek daaraan dat hy sy dienste kom aanbied het omdat hy geld nodig het. Dit is so eenvoudig soos dit.
Die logika in die ding is natuurlik dat hy geld nodig het omdat die staat hom ’n hongerloon betaal. Maar dit is nie al nie. As hy dan ’n betrekking by die staat het (en daarvoor ’n salaris verdien), beteken dit mos dat wie ook al sy opsigter is, nie weet waaroor die man betaal word nie. Die man het dan nog tyd om ander mense se sypaadjies te gaan skoffel.
Fout nommer een is dus dat die staat iemand – en ek glo daar is meer mense in dieselfde posisie as die posisie waarin my amptelike skoffelaar hom bevind – in hulle diens het wat nie werk vir hulle hand het nie.
Fout nommer twee is dat die staat sy mense te min geld betaal.
Fout nommer drie is dat die man lankal die slagoffer van die beloofde rasionaliseringsproses moes wees en fout nommer vier is dat ek iemand gaan betaal om my sypaadjie te skoffel, wat in alle gevalle reeds op my salarisrekening is deur die feit dat ek belasting betaal.
Ek weet dit is ’n mal wêreld waarin ons leef, maar dit is blykbaar hoe die ding werk.
Wat ek eintlik hier wil sê, is baie dankie aan die mense van Namibië, want hulle betaal aan die man wat my sypaadjie skoffel deurdat hulle so gereeld hulle bo-belastings, hulle koopbelasting en hulle persoonlike belasting betaal. Dit gee my ’n warm gevoel in my hart as iemand so gaaf is met my, veral die tyd van die jaar waar welwillendheid die wagwoord is.
Nogmaals baie dankie.
Baie lesers sal seker nou wil beweer dat ek verkeerd optree deur die man toe te laat om my sypaadjie te skoffel, maar diesulkes verstaan die saak dalk nie so lekker nie.
“You can never keep a good man down.” Ek kon dus nie anders as om die saak soos volg uit te redeneer nie.
Nommer een, die man het oënskynlik nie werk vir sy hande nie, daarom sal ek help om hom besit te hou.
Nommer twee, as hy te min betaal word by die staat is hier ’n gulde geleentheid vir hom om ’n ekstratjie te verdien. Nommer drie, die man het inisiatief en nommer vier, omdat my medebelastingbetalers so vriendelik is om te help om my sypaadjie skoon te kry, is ek bereid om te help sorg dat minstens een staatsamptenaar sy geld verdien.
Ten laaste, die kans dat die man ’n teiken van die eerste minister se rasionalisasieprogram gaan word is goed en dan het hy minstens al ’n grondslag waarop hy vorentoe ’n bestaan kan maak. – 14 Desember 1993
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie