Tanja Bause
Tanja Bause

Skree vir die regte redes

Tanja Bause
Die debat wat nou op WhatsApp-groepe woed oor die wettiging van selfdegeslag-huwelike, is volgens my belaglik.

Een van die groepe sê, “dit is tyd om ons praatjies in werking te stel. Onthou om te praat het geen mag nie, maar praat gepaardgaande met aksie – dit is wat verandering bring. Watter verandering soek ons, die omkeer van die uitspraak.” Dit is ’n groep wat onder andere uit ’n koalisie van kerke bestaan.

Niemand dwing jou om homoseksueel te wees nie. Wat jy in jou huis doen, is jou saak. Hoekom gee jy dan so baie om oor wat ander mense doen?

Het jy al van ’n homoseksuele man gehoor wat sy drie maande oue dogter verkrag het of enige meisie of vrou verkrag, aangerand, of doodgemaak het omdat hy haar nie kan kry nie. Wel, ek het nog nie en ek is al lank in die beroep.

Maar dit pla niemand nie. Net omdat die man “straight” is, maak dit alles wat hy doen, aanvaarbaar?

Niemand het ’n WhatsApp-groep gestig toe ’n pa onlangs sy drie maande oue babadogter verkrag het nie. Geen kerk het gereageer en niemand het geskree “kastreer hom” nie. Maar nou dat twee volwasse mense se huwelike herken word nou is almal ontstoke.

Is ons waardes regtig so skeefgetrek dat ons teen ’n homoseksuele paartjie wat niemand skade aanrig of pla moet protesteer, maar ons is oukei as ’n pa, oom of oupa ’n kind verkrag of ’n vrou doodslaan? ’n Kind wat hom- of haarself nie kan verdedig nie, wat altyd die letsels sal dra en dalk nooit kinders sal kan hê weens die grudaad nie. Ons as gemeenskap is oukei daarmee, maar nie dat twee mense vir mekaar lief is nie.

En nee, homoseksualiteit is nie iets waarin jy iemand kan werf nie, dit is net wie jy is. Glo my, geen homoseksuele persoon wil jou kind hê en werf nie. Dit is immers nie ’n godsdiens nie; dis net wie en wat die persoon is.

Wie gee julle die reg om te oordeel wat is volgens julle reg of verkeerd? Dit laat my so bietjie aan apartheid dink waar sekere mense besluit het wat ander mense mag en nie mag doen nie en dit was volgens almal verkeerd. Nou doen dieselfde mense wat toe geraas het presies dieselfde.

Alles van die apartheidera was vanaf Satan en moet mee weggedoen word – behalwe die wet op sodomie – wat van daardie era afkomstig is; dít moet ons aan vasklou.

Onthou julle 50 jaar gelede toe wit en swart nie wettig in die huwelik kon tree nie, so ook nie wit en bruin nie? Dit was ook ’n sonde en vandag is dit nie vreemd nie.

Wat ek glad nie kan verstaan nie is hoekom wil jy die uitspraak omkeer as dit niks met jou lewe te doen het nie. As dit omgekeer word, sal niks is jou lewe verander of verbeter nie. Alles bly dieselfde, so hoekom doen jy nie iets positiefs en mobiliseer julleself om byvoorbeeld kos en klere in te samel om kinders, bejaardes en haweloses die winter te voed en te klee nie.

Jy kan die lewe van een persoon die winter verbeter. Is dit nie iets om voor te veg, iets om oor opgewonde te raak en te skree nie?

Kom ons maak ’n positiewe verskil in mense sy lewens eerder as om ontsteld te raak oor wie met wie wil trou.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!