Sleepsel vir ’n straler
Sê maar net 30 jaar gelede
Ek laai die afgelope naweek ’n jongman op om my daar by Ruth in die tuin te kom help. Die mannetjie het fluks gewerk en ons was vroeg klaar.
Toe ek hom egter ’n bord kos en sy geld aanbied, was dit asof hy die geld nie eers raaksien nie. Hy het die kos uit my hand gegryp en net daar voor my soos ’n gulsige hondjie verslind.
Sou ek geweet het dat hy só honger was, het ek hom kos gegee voordat hy begin werk het, maar wat my hart die seerste gemaak het, was die feit dat daar nog duisende ander Namibiërs is wat met dieselfde hongerpyne rondloop.
Ek was seker daarvan dat sou die Koningin van Engeland gesien het hoe daardie Namibiër die bord kos waardeer het, sy sou terugdink aan die duur en heerlike borde kos wat tydens haar besoek aan Windhoek vir haar voorgesit was.
Yasser Arafat sou daar in die woestyn van sy luukse kameel se rug gespring het en agter die naaste duin dieselfde gedoen het. So ook al die ander hoë besoekers wat sedert onafhanklikheid hulle mae hier kom trommeldik eet het.
Ek sou ook baie sleg gevoel het as ek moet verneem dat ’n gasheer vir my van die beste voedsel voorgesit het wyl sy kinders se magies rammel van die honger.
Sou ek die President van ’n arm land, waar die mense daagliks honger ly, gewees het en die Minister van Finansies bied aan om vir my ’n weelde-straler van R56 miljoen met die belastingbetaler se geld te koop, sou ek geweier het.
Ek sou aanbeveel het dat dié geld liefs aangewend word om vir die honger mense kos en komberse te koop.
Miskien is dit hoekom ek nie Staatspresident is nie.
Ek kan my net voorstel hoeveel borde pap met daardie geld gekoop kan word. Hoeveel straatkinders kan uit die koue gehaal word en hoeveel huise kan vir die armlastiges gebou word?
Nou sê ’n vriend van my, wat blykbaar vliegtuie ken, dat die R56 miljoen nie die finale bedrag vir ’n straler hoef te wees nie. Daar kan nog “accessories” wees.
Doet in Afrika: ’n Dakrak vir die pappot, twee hoenders, boerbokke en ’n fiets. Flappe vir die wiele en ’n Venter-sleepwaentjie vir die wildvleis uit die Bosveld en vier ton vis.
Sirenes is ’n moet, want so ’n straler is te stil vir Afrika-standaarde. Alles moet met ’n geraas gepaard gaan. En dan nog sitplekke op die vlerke vir lyfwagte.
Daar moet nog plek ingerig word vir ’n TV-span en, afhangende van wie, kan dit groot spasie verg.
Ek is maar bly ek kom met die Fairlane en die Silver Wing oor die weg. So ’n straler sal my binne ’n week bankrot maak. – 15 Mei 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie