Slimfoon vang sy baas
Soos ek deur sosiale media “scroll”, so sien ek al hoe meer advertensies van “overcoming dopamine addiction”, in so ’n mate dat ek dit later net wil blok.
Toe dink ek later, miskien wil my slimfoon vir my ’n slim boodskap gee.
Om mee te begin, is ek nie seker wat dopienverslawing is nie. . . en ook nie regtig wat dopamien is nie. So, toe gebruik ek my slimfoon en sosiale media om meer uit te vind.
Ironies né?
Die kenners sê dopamien is ’n chemikalië in jou brein wat ’n groot rol speel in hoe ons plesier, motivering en beloning ervaar. Dit word as die “goedvoel”-chemikalië beskryf en dit word vrygestel wanneer ons dinge doen wat ons geniet, soos om te eet, te oefen (lol, nie hierdie vrou nie!) of saam met vriende te kuier (meer my styl).
Maar, hier is die groot MAAR: Hierdie selfde soeke na lekker ervarings kan ons soms lei tot dopamienverslawing en dis juis dan dat die strewe na aanhoudende plesier ’n gewoonte raak wat moeilik is om te verbreek.
Blykbaar gaan dopamienverslawing nie oor die dopamien self nie, maar eerder oor die aktiwiteite of stowwe wat groot dopamien-pieke in ons brein veroorsaak. Hierdie pieke laat ons goed voel en bring mee dat ons dieselfde gedrag oor en oor wil ervaar, wat mettertyd al hoe moeiliker raak om van te ontsnap, wat dan lei tot ’n vorm van afhanklikheid.
Behalwe dwelms, dobbel, alkohol en selfs kos wat jou dopamienvlakke die hoogte kan laat inskiet, is sosiale media deesdae ’n ewe groot probleem. Kyk maar om jou rond – almal het aanhoudend ’n foon in die hand.
Moderne tegnologie, veral sosiale media, videospeletjies en slimfone, is gemaak om verslawend te wees. Elke “like”, opmerking, of ’n speletjie waarvan jy so pas ’n nuwe vlak bereik het, veroorsaak ’n dopamien “high” wat dit moeilik maak om jou foon neer te sit. Of dit nou in kantoorure, voor die TV of selfs is terwyl jy eintlik moet gaan slaap.
Die gevolg is dat hierdie alternatiewe vorm van verslawing kan lei tot verminderde produktiwiteit, aandagprobleme en selfs sosiale onttrekking.
Wetenskaplikes meen die brein se beloningstelsel is die sleutel tot dopamienverslawing. Wanneer iets lekker ’n dopamienvrystelling veroorsaak, onthou jou brein die plesier en die situasie waarin dit gebeur het. Dis juis hierdie wat jou meer geneig om die gedrag te herhaal. Met verloop van tyd raak jou brein gewoond aan hierdie dopamienpieke wat meebring dat jy meer gereeld aan die gedrag wil deelneem om dieselfde vlak van plesier te kry. En dis hier waar dinge moeilik kan raak.
So, hoe gemaak?
Omdat dopamienverslawing met jou fisieke en geestelike gesondheid mors, kan dit lei tot probleme soos angs, depressie, sosiale isolasie en selfs fisieke gesondheidskwale. In uiterste gevalle kan dit inmeng met jou verhoudings, werk of die hantering van daaglikse verantwoordelikhede.
Die beste raad is om self die besluit te neem om nee te sê vir sekere dinge, alhoewel daar ook medikasie is om dopamienvlakke te probeer reguleer.
Maar die beste is om lewenstylveranderinge aan te bring, soos om te oefen, gesonder te eet en bewus te wees van hoeveel tyd jy op jou foon bestee.
Ek sal intussen kyk na ander oplossings wat my slimfoon vir my kan gee. . . – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie