Sloer-sloer met DokJan deur die land
Ons gedagtestroom sleur die idee soos ‘n wafferse spoelklip mee: Met menigte slukkies koffiekapitaal en teue aan ‘n druifsuigstokkie (die rooksoort), skuur ons ons plan rond en glad totdat dit gemaklik in die palm van ons hand pas.
Ons gaan sloertoer! Dis nou ek en kollega, Henriette Lamprecht (sommer Hettie).
Republikein is nie net ‘n stadsjapie nie; die platteland vloei dik deur ons are.
‘n Gelukbringer kan nie skade doen op die lang, afgeleë paaie wat ons vir die res van die jaar roep nie.
Wie beter as doktor Jan Spies? ‘n Ikoon van ‘n méns-mens, ‘n bittereinder vir ‘n onafhanklike Namibië, ‘n strydos vir Afrikaans, ‘n bobaas-storieverteller, Einstein se moses.
En natuurlik ook die stigtersredakteur van Republikein. Onder sy vlerk het ek en Hettie albei ons eerste treëtjies as babajoernaliste gegee.
By die Toerisme Ekspo vind ons ‘n handgemaakte verkleurmannetjie uit lappiesmateriaal.
Perfek! Kleurvol soos ons die reënboog van mense in ons land – tog so verskillend, maar ook tog so dieselfde met die passie vir Namibië wat ons saamsnoer.
DokJan, doop ons verkleurmannetjie se kind en sit ons debuutsloertoer in eerste rat. Al die pad kus toe.
Verkleurmannetjiestyl vat ons dit stadig. Sloer waar ons iets interessant sien, knoop geselsies met die dorpsmense op ons roete aan.
Stel hulle aan DokJan voor. Neem selfies van DokJan met sy landsgenote. Nes sy naamgenoot kruip hy oral in harte in.
Ons trap suutjies saam met DokJan by plekke en dinge waarby ons gewoonlik soos hamsters op wieletjies verbyjaag op soek na ons eindbestemming.
Sit by piekniektafeltjies langs die pad en kyk hoe motors verbywoerts, salig onbewus van die vrede wat in ‘n sementtafel en –bankies onder ‘n groot boom skuil.
Drink tuisgemaakte gemmerbier op ‘n plaaserf. Vertoef ‘n wyle by ‘n miershoop. Wanneer laas het jy een van naby gesien?
Op Karibib probeer ons die nostalgie van vergange dae in foto’s van ou geboue vasvang. Wonder wie almal die swaar deure van klipgeboue oopgesluit het. Wat was hul storie en hoe het dit die Namibië van vandag help bou?
Stop langs die pad by die klipverkopers. Verwonder ons aan die magdom kleure van kristalle wat miljoene der miljoene jare gelede onder die dor aardkors van Erongo gevorm het.
Op Swakop en Walvis trek ons die mis soos ‘n wolkombers aan. Die branders laaf ons voete, vol eelte van die stad waar tyd nooit stilstaan nie.
In die Namib gaan kuier ons by mense wie se siele weer gesond geraak het. Wat olyfbome en wingerde groei en hul eie olywe inlê en wyn maak. Wat vetplante uit saadjies uit groei sodat stedelinge ietsie groen in hul tuine kan hê.
Die niks is alomteenwoordig. En die stilte sing.
Toe ons kar vier dae later weer binneland toe moet koers, is ons verkwik. Skoon uitgeput van almal se gasvryheid. Geraak deur hul rou eerlikheid. En ‘n bietjie jaloers op hul rustigheid.
DokJan verkleur ‘n skakering donkerder. Ook hy is traag om na die dolle stad terug te keer.
Binnekort doen ons dit weer, troos ons onsself.
Wie weet? Dalk is jou hand die eerste wat ons skud. Ons kan nie wag nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie