Sommer my eie storie!
Sê maar net 30 jaar gelede
Gert Kruger – Almal ken die verhaal van Hansie en Grietjie, Die Drie Varkies en Rooikappie.
Storietjies wat pa en ma elke aand tot vervelens toe moes oorvertel as Klaasvakie se slaapsand nie vinnig wou werk nie. Met die ouderdom wat ’n man ook nou vinnig op die afdraande pad plaas en twee kleuters wat nie sommer nee vir ’n antwoord aanvaar as dit by storievertel kom nie, besef ek nou eers watter marteling dit vir my ouers moes wees om aand ná aand dieselfde ou stories te vertel.
Nou die aand was dit toe weer so.
“Pa, vertel van Rooikappie,” gons dit om my ore.
“Agge nee, tog nie alweer nie,” maal dit in my kop.
Gelukkig lewe ons in ’n moderne tyd met moderne idees en my kop, wat reeds kalerig begin raak van al die stories uitdink, laat my dié keer weer nie in die steek nie.
“Eendag was daar ’n klein dogtertjie wat op ’n plattelandse dorpie nie ver van die groot stad gewoon het nie. Haar naam was Rooikappie.
Een oggend vroeg sê Rooikappie se mamma vir haar: ‘Rooikappie, jy moet jou bergfiets se bande pomp, dan ry jy stad toe en neem vir ouma dié bottel Coke saam. Ouma is siekerig en Coke sal net die regte medisyne wees. Maar, jy moet oppas langs die pad vir al die taxi’s.’
Rooikappie neem toe haar bergfiets en ry met die snelweg na haar ouma. Nie ver van die stad af nie, sien Rooikappie langs die pad ’n roomyswinkel. Sy stop om eers ’n lekker groot cone te koop.
Toe Rooikappie by die winkel instap, staan Simba, die Leeuman, ook daar.
‘Rooikappie,’ vra hy, ‘waarheen is jy so vroeg op pad?’
‘Ag, oom Simba, my ouma is nie wel nie en nou moet ek vir haar die bottel Coke gaan gee. My ma sê dit sal net die regte medisyne wees, want als loop altyd reg met Coke.’
Simba het al vroeër gehoor dat Rooikappie se ouma sulke lekker yskastert bak en hy besluit om Rooikappie se aandag af te trek sodat hy voor haar by haar ouma se huis kan wees.
Hy haal dadelik 100 Namibiese dollar uit en sê vir Rooikappie sy kan soveel roomys koop soos sy wil.
Simba glip vinnig by die deur uit en spring op sy Kawasaki 1000 en jaag na die ouma se huis.
By die huis klop hy aan die deur en toe die ouma die deur oopmaak, gryp hy haar en sluit haar in die badkamer toe nadat hy haar hande agter haar rug vasgemaak het met sy leergordel. En toe smul hy heerlik aan die yskastert.
Nadat al die tert opgeëet is, val Simba op die Gomma-Gomma-stel voor die TV neer en raak aan die slaap.
Intussen het Rooikappie al die geld wat sy by Simba gekry het opgebruik en met ’n magie vol vanilla-roomys koers gekies na haar ouma se huis.
Toe sy by haar ouma se huis kom, klop sy aan die deur. Daar is geen antwoord nie. Sy maak die deur oop en gaan binne.
‘Hoekom is dit so donker?’ vra Rooikappie en stap venster toe om dit oop te maak.
Intussen het Simba wakker geword, ‘Nee, Rooikappie,’ skree hy, ‘moenie die gordyne ooptrek nie, anders gaan jy al daai klomp stupid vra oor my neus, ore en mond vra. Ek het jou ouma in die badkamer toegesluit en al die yskastert opgeëet.’
Rooikappie, wat so uitgesien het na die tert, is so kwaad dat sy na die telefoon stap en die polisie bel.
In ’n japtrap is die blitspatrollie daar en neem hulle Simba in hegtenis. Hulle maak ook Rooikappie se ouma los en van pure verligting sê die ouma hulle moet Simba los.”
Nodeloos om te sê my kinders sal seker nie maklik weer hul pa vra om Rooikappie te vertel nie.
– 10 November 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie