Sommer net ‘exhausterwhelmulated’
My gedagtes is deurmekaar, amper soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smarties-boksie.
Ek het nou hier gesit en dink oor wat ek kan skryf, en die eerste gedagte wat by my opkom, is dat ons onlangs Internasionale Vrouedag gevier het. So ek kan mos skryf oor ma- en vrou-wees.
Daar is baie om te sê, maar ook nie eintlik nie. As vrou, as ma, het ons elkeen ons eie uitdagings, ons eie paadjie om te stap.
In hierdie stadium van die geveg, as ’n mamma van twee én agt maande swanger, is hierdie mamma en vrou maar taamlik opgesukkel. Ek dink nie eens “opgesukkel” is die regte woord nie.
Op my Facebookblad verskyn daar ’n foto met die woord "exhausterwhelmulated”. Ja-ja, dit is nou nie ’n woord wat deur die Oxford-woordeboek goedgekeur word nie, want dis basies ’n mengelmoes van “the feeling of being exhausted, overwhelmed and overstimulated all at once”.
Dit, moet ek sê, is nogal ’n kwaai woord, want ek glo baie van ons kan met die gevoel van “exhausterwhelmulated” vereenselwig. Maar tog, ten spyte van daardie gevoel, kap ons aan! Of hoe?
Dan hardloop my gedagtes weer na die agtjarige seuntjie wat onlangs selfdood gepleeg het – en my vraag is net: Hoe weet ’n seuntjie van agt jaar oud van selfdood?
Dit laat my onmiddellik aan my dogtertjie dink, wat ook vanjaar agt jaar oud word. Hoe begin sy aan selfdood dink? Ek begin onmiddellik wonder waaraan hulle op YouTube en op televisie blootgestel word.
Want, al wil ons hoe graag ons kinders van ons selfone af weghou, is dit ongelukkig nou die wêreld waarin hulle grootword.
Soos my gedagtes maal, besef ek watter groot verantwoordelikheid ons as ouers het.
Al is jy, liewe leser, dalk nie ’n mamma of pappa nie, het jy steeds ’n verantwoordelikheid teenoor ons kinders – ons toekomstige leiers.
Ons het letterlik net een kans om hul kinderjare met liefde en deernis te vul, en om seker te maak dat ons hulle beskerm en veilig hou.
Net een kans.
Daar is nie ’n “do-over”-knoppie nie.
As ma moet ek myself ook gedurig daaraan herinner dat ouerskap nie net daaroor gaan om seker te maak die skip bly op koers nie.
Dis baie meer as om net te sorg dat ousus se skoolklere gewas en gestryk is, hare gekam is en haar toebroodjie vir skool gepak is.
Dit maak ’n mens sommer “exhausterwhelmulated” as jy dink aan hoeveel verantwoordelikheid op elkeen van ons se skouers rus.
En kyk nou net vir my – met deurmekaar gedagtes en al, het hierdie stuk nogal mooi saamgekom, of hoe?
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie