‘Sopperig’ agter die stuur
Ek sê maar net – 30 jaar gelede
Marietjie van Staden – Ry toe nou die dag amper van die pad af soos ek my vergaap aan twee verbygaande motorryers op een van Windhoek se stil buiteroetes.
Eers kom ’n vrou verby wat byna in die passasiersitplek beland soos sy oorhel om by die spieëltjie uit te kom. Totaal onbewus van wat om haar aangaan, begin daardie lippe van haar rek en wil-wil dit ondertoe oor haar ken en boontoe oor haar voorkop vou soos sy haar gebit ontbloot. lets aller verskrikliks.
Wat in daardie tande gepla het, sal ek nooit weet nie. Wat ek wel weet, is dat ek daardie gesig nimmer in my lewe sal vergeet nie, of soos hy werklik is nooit sal herken nie.
Skaars het ek herstel of ’n man kom verby en sluk my en my Fordjie amper in – met die een hand rustig op die wiel en die ander wie weet waar. ’n Sondagmiddag-gaap wat aan ’n oopbek seekoei herinner.
Dan is daar party wat hul kloue nie uit andersins normaalweg verbode gebiede kan hou nie en verkeer die heel beste tyd beskou om te grawe en te wat ook al. Diamonds are forever.
Ander kan weer nie ’n puisie of lastige haartjie uitlos nie en mik spieëltjie toe die oomblik as die verkeer tot stilstand kom.
Ou, bekende paaie met nooit dieselfde geselskap sorg vir oomblikke van groot genot.
Soos as ’n mens op ’n nat, reënerige dag toekyk hoe ’n vrou die helfte van haar buite die motor vergeet het – met rokspante wat buite die deur fladder en in modderige plasse teen ’n spoed meegesleur moet word. Probeer dan as ’n bedagsame motorryer beduie van hierdie rokspante en die reaksie is ewe snaaks. Dit kan nogal tyd vat om vas te stel dat ’n deel van jou nie met jou is nie. Soms eers by jou stilhouplek.
Uit ons redaksiekantoor het Linda de Jager ook nou die dag in ’n “sopperige” storie beland. Op pad met ’n houer sop langs haar was die rem by die rooilig ’n bietjie vinnig en van die sop klim toe uit. Sy red wat te redde is, maar jaag toe in die war wat sy was in ’n ander motor vas om heeltemal soploos en minus ’n paar duisend dollar by haar kuierplek aan te kom. Aan die skade sal sy nog lank moet betaal.
Baie werkende ma’s kry soggens ook net nie die tyd om daardie finale afronding te doen nie en bêre die lipstiffie vir by die rooilig.
Self kon ek een keer nie tot by die rooilig wag nie en verf toe sommer die lippe so in die ry, min wetende dat daar intussen ’n padwerkery ontstaan het en ’n gevaarteken verskyn toe uit die niet.
Die lang skraap op my ou tjor se sy is nou nog die stil getuienis van dit wat jy nie moet doen as jy agter die wiel van jou motor sit nie. – 7 Junie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie