‘Spioenballon’ sorg vir groot grappies
“Hey, het iemand ’n groot, wit ballon verloor?” het ’n twiet van die munisipaliteit van Myrtle Beach, Suid-Carolina, gelui ná die Amerikaanse weermag na wat verneem word ’n Chinese spioenasie-ballon was, oor die Atlantiese Oseaan afgeskiet het.
As jy nie in die afgelope week die nuus geluister het, of al die grappies op jou sosiale media “feeds” gesien het nie, doen dit sommer nou! Want soos allerlei dinge wat ernstig kan wees, lag sosiale media te lekker oor dié groot wit ballon.
Maar dis nie net grapjasse op die internet nie: Amerikaanse komediante soos Jimmy Falon het ook ’n eier te lê gehad oor die situasie; Saturday Night Live het selfs met die “oorskot” in die vorm van ’n dobberende man in ’n wit opblaaspakkie, gesels. Die aanbieder vra: “Some people say you're the size of three buses” en die ballon-man is skoon verontwaardig, want hoe sal jý dan nou voel as iemand jou gewig met DRIE busse vergelyk?
Die grappies het met Chelsea Handler aangegaan, met sy wat sê dit moes ’n bitter pil vir Joe Biden gewees het, want terwyl oudpresident Barack Obama die sluipmoord van Bin Laden goedgekeur het, moes arme Joe tevrede wees met die sluipmoord op ’n “groot sak helium”.
Dan was daar grappies oor hoe ’n Meksikaanse spioenasie-ballon sou lyk (soos ’n piñata) of ’n Duitse een (soos ’n reuse-bierglas, natuurlik!).
Maar alle grappies op ’n stokkie. Vir dié wat nie weet nie, het ’n Amerikaanse militêre vegvliegtuig die Chinese spioenasie-ballon wat verlede Saterdag oor hulle lugruim gesweef het, afgeskiet toe dit verby die kus van Suid-Carolina en oor die Atlantiese Oseaan beweeg het.
Die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, het bevestig die weermag het die ballon in opdrag van president Joe Biden afgeskiet en ’n verklaring uitgereik wat gesê het die regering glo die toestel is deur China gebruik “in ’n poging om te spioeneer op strategiese terreine op die vasteland.”
Die ballon, wat Amerikaanse amptenare beskryf het as ’n “toesigballon op ’n hoë hoogte”, het Dinsdag naby Idaho die vasteland se lugruim binnegegaan voordat dit oor Montana gedryf het. Volgens een komediant weet die Chinese nou hoeveel koeie daar in dié deelstaat is.
Intussen beweer Chinese amptenare die ballon is ’n “burgerlike lugskip wat hoofsaaklik vir meteorologiese doeleindes” gebruik word en dat dit “per ongeluk oor die VSA gesweef het”.
Niemand kan met duidelikheid sê wat die ballon moontlik geleer het terwyl dit oor die VSA gesweef het nie, hoewel die oorskot nog ondersoek word, maar ná dae van eindelose nuusdekking daaroor, kon mense op Twitter en ander sosiale media nie anders as om grappies oor die ondergang daarvan te maak nie.
Die ballon het baie mense ook laat wonder hoekom die Chinese regering enigsins so iets moes stuur.
Want soos een twiet lui: “Hulle het nie ’n spioenasie-ballon nodig nie. Hulle het ons almal al op TikTok!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie