Stille waters, diepe grond
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Ek het nog altyd gesê mense wat op Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai woon, is ’n spesiale spesie.
Enigiemand wat in hierdie wind, mis, roes gelukkig kan wees, kan nie dieselfde as gewone mense wees nie.
Maar dan sê hulle ook dat ’n mens jare lank na iets kan soek en sodra jy ophou soek, kry jy dit waarna jy gesoek het reg voor jou oë.
Ek glo dat die Swakopmunders, Walvisbaaiers en Hentiesbaaiers ver na ’n plekkie in die son gesoek het en eers nadat hulle moeg geword en opgehou soek het, die plekkie reg voor hul voete gevind het.
Die mense wat ek op Swakopmund ken, blyk so gelukkig soos vlieë op heuning te wees.
My ou vriend, Tubby Kaaijk, woon nou al ’n geruime tyd op dié kusdorp en dit is duidelik dat jy hom nie met ’n trekker daar weggesleep gaan kry nie.
Tubby se motorhuis werk ook nou met afstandbeheer en tot sy glasoog blink van die plesier elke keer as hy naby die huis kom en kyk hoe die deure outomaties oopgaan. Selfs Ude Klipford, wat nou onlangs na Swakopmund verhuis het, het in ’n kort tydjie heel ’n ander mens geword. Die man het tot geleer lag.
Troffie van der Colf het al ’n soort van toeriste-aantreklikheid op die dorp geword. Selfs in Johannesburg, as mense hoor jy kom van Namibië, vra hulle jou of jy vir Troffie ken.
Ohney, Swakop se eie Haley-komeet, mag ’n kitaar se snare tokkel en hy mag ’n bekfluitjie laat gons. Dis nou as jy net sy maatjie Swarra van hom kan weghou of ’n goeie skeidsregter byderhand het.
Kry nou vir Pasqual, Hennie Buxmann, Koos Bergh, JJ, Peter Ravenkroft, Frans Blaaw en die bankbestuurder (sommer Johan Bank gedoop) ook by en gaan vang vis by Myl 72 saam met dié manne.
Dis daar waar Frans van der Westhuizen jou leer hoe om ’n vullisdrom met die kop storm te loop en Frans Blaaw jou wil leer “Bungy Jump” met ’n onderbroek se rek. Dit is geen wonder die vis spartel so om terug in die water te kom as hulle tussen dié mense uitgetrek word nie. Op Swakopmund kan ’n man nie juis verdwaal nie. Alles lê net om die volgende hoek en sou jy jou maatjies verloor, kry jy hulle maar net later by die Polisieklub.
Nou weet ons mos almal dat Swakopmund eersdaags weer vir die vakansieseisoen volgepak gaan wees. Moet jou egter nie gedurende die res van die jaar laat bluf as jy so tussen die laaste duine deur op Swakopmund af ry nie. Dié dorpie is glad nie so stil soos hy lyk nie. – 17 November 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie