No Image Caption

Strooikussings en antieke stoele

Charlotte Beukes Muundjua
Yandi Du Plessis
Augustus is glo Vrouemaand. Wat ’n toeval - die maand met woeste winde wat vuilmaak, maar eintlik skoonmaak vir die lentebloeisels.

Nou toe, daar het julle dit – ’n vroumens kan net so ’n lopende kontras wees. Mans reken mos ons het ’n “alle seisoen-gemoed” in een dag. Klink dan nou soos kinderkots ná ’n Krismisete!

Maar dis nie ons skuld nie. Dit was die meesterplan dat ons geslag trippelporsie emosies moes kry. Daardie spesiale aanvoeling/intuïsie. Daardie oë agter die kop, mikro-sensore op die krop, armhare wat orent staan as jy in ’n negatiewe energieveld is. ’n Ma moet kan aanvoel as haar kind in gevaar is.

Ja, beslis die meesterplan dat mans 40% minder emosioneel moet wees; hoe anders sou hy ’n bok kon skiet en terselfdertyd die reuk van wildsvleisbredie kry? Hoe sou hy weer ’n kind kon produseer as hy 99% van vroulief se kraampyne kon voel?

Adam se hartsnare mag nie te veel met die brein gekonnekteer wees nie.

Maar met dot-kom se vininge pas moes vrouens gelykop werkend bly om brood op die tafel te kry.

Die perfekte meesterplan kry ’n hewige knou. Man reken toe die vrou is sy gelyke en dat haar emosionele kraantjie effens gaan toedraai. Dis leeuwêreld - vroulief moet gewoond raak aan koue skouers.

Aikôna, ongeag van jare se evolusie bly Eva se hormone/emosies fynbesnaard.

Ek gooi ’n klippie in die bos, en hoe verstommend om te hoor dat vrouens dwarsdeur grense van ouderdom, beroep en kultuur dieselfde smagtinge het. Ons soek nie ’n herdenkingsring nie. Ons soek jou aandag, jou warmte, wil die lag in jou oë indrink. Verdomp, mansmens!

So, maak ek ’n lys van hoe vrouens ná vyf jaar se getroude lewe voel:

• Suurstoftenk; iets wat daar moet wees vir oorlewing

• Antieke stoel; ’n spogstuk/statussimbool in die hoek – niemand sit daarop nie

• Strooikussings; net ’n nuttelose versiering

• Vertoonkas; met ornamente en troumemorabilia – stof vergaarders!

• Spaarknope; in ’n banksakkie maar word beswaarlik gebruik

• Kirby; moet alles doen, maar staan verlate, oninteressant in die waskamer (word selde gebruik)

• Die ruitveër; ’n motoriese heen-en-weer funksie (negeuur tot vyfuur by die werk, na-ure weer aan die werk by die huis – hubby is by die gym of in ’n vergadering)

En die Grammy gaan aan ... die weggooidoekie! Ná jare se stront word jy altemit weggegooi op 50.

Nou toe dames, sluk daai trane. Magie in (of draai die astrante deeg vas), skouers op en raak besig verby die grense van jou daaglikse kantoorwerk en huistake. Raak smoorverlief op jouself, sing vir jouself in die spieël (oeps, nou klink ek soos Miley Cyrus).

Leef jou passie uit, al moet jy vir ’n paar dae staak - gelukkig het ons Hungry Lion en kitsnoedels.

Laat hulle Google inspan vir ’n paar dae se oorlewing.

Jy kan net volwaardig vrou wees as jy die meisiekind binne jou omhels en eerste stel. En, in Vadersnaam, vergeet van Mrs Jones langsaan - jy is spesiaal soos jy is!

Toodles! Geseënde Vrouemaand!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A