‘Struggle’ pure doring
Sê maar net 30 jaar gelede
Chris Jacobie – ’n Irritasie is iets waarvan ontslae geraak moet word. Dit moet nie in jou klere sit nie en dit moet verwyder word. As dit soms met pyn gepaard gaan, is dit ook goed so.
Op die langer duur is dit gemakliker en kan ’n mens glimlag oor dit wat was.
Die doring waarop ek sit, is die modegier om te “gestruggle” het.
Sulke maer, wit uitlanders staan die strate vol met hare wat in poniesterte vasgebind is en vertel vir die “comrades” dat hulle eintlik al die jare ondergronds “gestruggle” het.
Ná ’n paar biere in een van die drinkplekke waar al die sogenaamde skielike vryheidsvegters uithang, word verhale vertel van geheime operasies waar die woonbuurte geïnfiltreer is om eerstehands ondersoek in te stel na metodes hoe om die “struggle” te beëindig.
Die verhale is drome en drogbeelde waar dapperheid gemeet word aan die kere wat hulle aan die agterhoede van betogings en protesoptogte deelgeneem het, terwyl die werklik onderdruktes die voorhoede gevorm het en as skilde vir traangas en rubberkoëls moes dien.
Gewoonlik was die sogenaamde nuwe vryheidsvegter binne die optog sodat die polisiehonde hulle eers moes moeg hap voordat hulle by die “strugglers” kon uitkom.
As bewys dat hulle “diens” gedoen het, word sulke pienk vuisies in die lug gebal en “aluta” geskreeu, terwyl jy die kaviaar kan sien wat in hul kiestande vassteek.
As iemand dan nog effe huiwerig is om die jongste “struggler” se bona fides te aanvaar, vertel hy jou dat hy dagga rook uit protes teen die maatskappye wat sigarette vervaardig omdat die maatskappye nie erkenning wil gee aan die feit dat ’n eendag-werkweek die goedkeuring van die meerderheid van die bevolking wegdra nie.
Bloedbelope oë vertel jou dat die man se protes ernstig is en dat hy binnekort pille ook gaan drink sodat die kapitalistiese dokters niks meer het om aan die onderdrukkers voor te skryf nie.
Die ernstigste is dat die sogenaamde vryheidsvegters met hul vreemde aksente begin glo in hul dapperheid.
Hoe meer van die papagaaislaai gerook word, hoe brawer raak hulle.
Van hulle is sommer lus en gaan “struggle” nou in Angola teen die kolonialiste en imperialiste.
Sommige is al so deurmekaar, hulle “struggle” net ’n “lift”.
Die ander lot wat nog nooit “gestruggle” het nie en lekker geleef het terwyl jong Namibiërs vir mekaar oor die visiere van gewere geloer het, maar nooit kon kla nie.
Hulle was die stille protesteerders wie se bydraes tot beter menseverhoudings beperk was tot ’n skietgebedjie dat hulle motor tog net nie ’n papwiel in Katutura moet kry nie.
Dit is nou dieselfde mense wat nie weet dat jong seuns, Boertjies, Damaratjies, Wambo’tjies en Herero’tjies langs die Gammamsrivier passasiers van treine tussen Suid-Afrika teen die betaling van ou toebroodjies, ’n handvol lekkers of ’n sent wat warm gemaak is met vuisgevegte vermaak het nie.
In daardie tyd het ons peule in Blok-D opgetel en geëet en gedink hoe dom die grootmense op die treine is wat ons aan die baklei gesit het teen betaling.
Dit was half amusant om te dink dat ons nie eens kwaad is vir mekaar nie en dit nie saak maak wie die lekkers gryp nie. Ons gaan tog in elk geval deel.
So is dit vandag nog.
Terwyl die nuwe bevryders steeds na ’n “struggle” soek, deel Namibiërs steeds die lekkers wat vir hul gegooi word.
Dit is hoe Namibiërs is.
Hoe moeiliker, hoe beter! – 25 Maart 1993
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie