Taal beland in koekpan
SMN – 30 jaar gelede
Gene Travers – ’n Duitse vriendin van my het gister verjaar en voor die naweek vra ek haar watter soort koek ek vir haar kan koop.
Sy wys toe vir my ’n kaaskoek in ’n vertoonkas en sê dat sy so ’n koek wil hê. Dit moet ’n gebakte kaaskoek sonder versiersuiker wees, het sy gesê. Later het ek die verkoopspersoon genader en gevra of ek so ’n kaaskoek sonder versiersuiker kan bestel.
Die dame het verduidelik dat die kaaskoek op Swakopmund gebak word en dat ’n mens nie daarvan kan bestel nie. Ek is toe na ’n tuisnywerheid waar ek gevra het of hulle vir my so ’n kaaskoek sonder versiersuiker kan bak en of ek een kan bestel vir Dinsdag. Die vrou by die winkel het vir my gesê dat sy dit met haar bestuurder moet bespreek, want so ’n kaaskoek is blykbaar ’n duur storie.
Toe ek later vir my vriendin vertel dat ek moontlik so ’n kaaskoek sonder versiersuiker by die tuisnywerheid kan kry, was sy hewig ontsteld. Die plek waar ek die koek by kan kry, is dan ’n Afrikaanse plek en dit is net Duitsers wat kaaskoeke mag bak, het sy verduidelik.
Ek is toe terug na die tuisnywerheid en vra toe vir die vrou daar of dit ’n Afrikaanse of ’n Duitse persoon is wat die kaaskoek sonder die versiersuiker vir my sal bak. Sy het gesê dat dit ’n Afrikaanse vrou sal wees en ek het die bestelling maar liewer gekanselleer, want ek is bang my vriendin vind dalk later uit dat sy ’n Afrikaanse kaaskoek op haar verjaardag geëet het.
Nou weet ek nie so mooi wat die verskil kan wees tussen ’n kaaskoek wat deur ’n Afrikaanse vrou gebak en dié wat deur ’n Duitse vrou gebak is nie. Dit klink vir my baie na diskriminasie. Ek is nou verlief op ’n Afrikaanse meisie en ek weet nog nie wanneer sy verjaar nie, maar hoop sy sal op haar verjaardag tevrede wees met boerebeskuit wat deur ’n regte ou boeretannie gebak is.
Ek self het ook al geprobeer om ’n koek te bak, maar dit het nie gewerk nie. Iemand het voorgestel dat ek die koek moet patenteer en dan in die boubedryf as bakstene bemark. Ek het nooit weer ’n koek probeer bak nie. Die koekstorie laat my dan ook dink aan ander baksels wat ’n mens kry. Soos byvoorbeeld die modderkoekies wat my sustertjie vir ons gebak het toe ons klein was en die kluitjies wat politici steeds vir ons bak.
Deon Schlechter se pa het eendag ’n koek in sy bakkery gebak wat te groot was om by die deur uit te dra. ’n Deel van die deur moes afgebreek word om die koek daar uit te kry. En wat van die minneliedjie wat ons as kinders geleer het?
“Jy kan lekker koekies bak, Willemien...”
Ek wonder net wanneer ek ook eendag ’n Willemien sal kry om vir my ’n koek te bak.
Terloops, dit is my beskeie mening dat kaaskoeke deur Hollanders gebak moet word. – 13 April 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie