Tagtig minute se les
Sê maar net 30 jaar gelede
Placido (Domingo) Hilukilwa – Ek het myself altyd as ’n sportliefhebber beskou – en ek is!
Totdat ek die wedstryd tussen die Barbarians en Wallis in die Internasionale Rugbystadion in Windhoek bygewoon het, was my liefde vir sport egter onvoldoende (maar ek het dit nou eers agtergekom).
Behalwe wanneer ek voor my TV gesit en kyk het, het ek nooit ’n rugbywedstryd fisies bygewoon nie, en sowaar, dit het Woensdag vele verduidelikings gekos voordat ek die prentjie kon kry.
Gelukkig het ek nie Constant se “verduideliking” ernstig beskou dat “indien die noodhulp tot vier keer op die veld moet hardloop om dieselfde speler te gaan help, hy na die noodhulpkamer geneem word en sommer daar en dadelik geskiet word”.
Ek verwerp ook die sagte intimidasie uit sommige kringe dat daar ’n 70 persent-moontlikheid bestaan dat ’n rugbyspeler voor die einde van ’n wedstryd (ernstige) beserings sal opdoen. Dit is egter waar dat jy baie sterk moet wees – en vinnig!
Toe die Namibiese B-span teen die Duikers van Natal (SA) gespeel het, het ek nie geweet om jou teenstander te duik en te trap, ook deel van die spel is nie.
“Behalwe die nek, kan jy jou teenstander duik waar ook al jy wil,” was een van die klomp lesings wat ek moes verduur. Op een oomblik, toe meer as ’n halfton spelers op mekaar geval het, het ek gewonder of dit nie tyd was om die polisie in te roep nie – of ten minste die ambulanswa. Die onderste man moes seker al ernstig beseer gewees het, het ek gedink. Ek was verkeerd!
Hoe meer my kollegas probeer verduidelik (baie dankie daarvoor!) het, hoe meer vrae het ontstaan. Wat is byvoorbeeld die rol van ’n losskakel? Wat is ’n skrumskakel? Wat doen die slot, die haker, die stut, die vleuel en die agtsteman? Ek het min of meer ’n idee wat die rol van die heelagter is.
Maak nie saak of ek nie weet wie speel waar nie – en ondanks die 56 – 17 Wallis-oorwinning en die 44 – 10 Duiker-oorwinning – ek het die wedstryd geniet.
Nou vertel rugbykenners my dat die vertonings van Gerhard Mans (14), Johan Barnard (7) en Henning Snyman (12) nie so goed was soos verwag is nie.
Om die waarheid te sê, volgens my was hulle die beste in die span. En dit sê ek nie net omdat hulle Namibiërs is nie. – 11 Junie 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie