Otis Daniels
Otis Daniels

Teen die kantlyn

Otis Daniels
Ek wonder of die Namibië Rugby-unie (NRU) se Premierliga-trofee ooit eendag in ’n vertoonkas op ’n hawedorp sal pronk.

Dit is seker pure wensdenkery van my kant af. “Lady Luck” en die binnelandse lugdruk is beslis nie aan die manne van die kus se kant nie, of miskien is die “rugby-gode” bang die trofee sal by die kus roes.

Die trofeë van die Reserweliga en die Ongos Sewestoernooi sowel as die eerste liga word tans in kusdorpies ten toon gestel.

Terwyl ons so van trofeë praat, die span wat die Harders-trofee ingepalm het se beker loop behoorlik oor.

Die wenners is met N$200 000 beloon vir hul moeite oor drie dae in Lüderitz. Ek was daar en het dit met my eie o? gesien.

Ons Premierliga-wenners het ’n skamele N$30 000 ontvang vir ’n hele seisoen se geswoeg en sweet. Die spanne moet ry, spelers moet eet en iewers gaan bly wanneer hulle elders in die seisoen moet speel.

Ek glo meer kán en móét gedoen word rakende die prysgeld.

Op nasionale vlak is ek effens teleurgesteld oor ons uitslae. Ek kan nie onthou wanneer laas ons gewen het nie. Die Bulle het ons behoorlik gestormloop en Portugal het ons op ons tuisveld bloedneus geslaan. Ons is ook die Afrika-beker kwyt.

Ek is egter optimisties oor die nuwe en jong talentvolle manne wat hul opwagting in die nasionale span gemaak het. Met die ervaring van ons internasionale staatmakers wat ontbreek het vir die jaar se diensplig, kan ons ’n paar verrassings vorentoe verwag.

Ongos het ook nuwe lewe in sewesrugby geblaas met ’n borgskap van N$1 miljoen per jaar oor vyf jaar. Toernooie is op Keetmanshoop, Swakopmund en by die Hage Geingob-stadion in Windhoek gespeel wat spannende rugby opgelewer het.

Die totale pryspot het N$100 000 beloop. Toe dit skemer raak en onder die gloed van spreiligte, is die wenners met N$50 000 beloon terwyl die naaswenners N$30 000 ontvang het.

Daar was ook iets vir die vrouespanne wat in aksie was in die finaal. Namibië se vinnigste speler het ook vroeër die dag erkenning en N$3 000 kontant ontvang wat deur Sport Wrap geborg is. Dit alles is goeie motivering en het deelname die moeite werd gemaak.

Een aspek van ons rugby waaroor ek egter diep bekommerd is, is die veiligheid van toeskouers, ons spelers en wedstrydbeamptes.

Ek is bang vlammende humeure lei tot ’n ramp en vrees vir die dag wanneer iemand sy lewe langs ’n rugbyveld verloor, want dan is dit reeds te laat. Ons rugby sukkel reeds met borge en dit sal lank vat voor die sport van so iets herstel.

Die klubs moet die inisiatief neem in oorleg met die NRU en veiligheidsmaatreëls by wedstryde opskerp en toepas. Kry die buurtwag betrokke by alle wedstryde en vergoed hulle vir die diens wat hulle lewer.

Enige toeskouers of spanne wat hulle aan wangedrag skuldig maak, moet beboet of selfs uit rugbygeledere verban word.

Die NRU moet ook strenger optree deur spanne te beboet en ondersteuners van tuiswedstryde te ontneem wat ons geliefde spel in gedrang bring.

Kom ons stel dit duidelik: Daar is nie plek vir rugbyboewe op die pawiljoen nie. – [email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.54 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.99/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.70% | Zinc US$ 3 072.60/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 991.56/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.54 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.99/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.70% | Zinc US$ 3 072.60/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 991.56/OZ UP +0.76%