Tegnologie en outomatisering
Wiesie Kotzé – ’n Mens sou dink die tegnologie van die 21ste eeu sou sekere dinge laat verdwyn waarmee sommige mense sukkel.
Soos om in rye te staan. Ja, sommige instansies het tegnologie begin inspan om die onvermydelike rystanery gladder te laat verloop. Maar waar mense ’n diens moet lewer, bly die oponthoud steeds ’n probleem. Veral wanneer die mense wat die diens moet lewer nie teenwoordig is nie, en daar nóg ’n kaartjienommer en nóg ’n nommer vir die betrokke ry uitgereik word.
Outomatisering is nie altyd die antwoord nie; soms is meer doeltreffende mannekrag nodig.
Sommige situasies het ’n mens beheer oor en ander nie. ’n Mens maak eenvoudig in daardie stadium die keuse – om in die ry te bly staan, of om weg te stap tot ’n volgende geleentheid sy kop uitsteek om in die ry te staan.
Tegnologie en die bespoediging van langdradige prosesse het ons samelewing net ongeduldiger gemaak, omdat ons al hoe minder die kuns hoef te beoefen om vir iets te wag. Tensy ’n mens die opsie neem om natuurlik te kraam. Geen kaartjiestelsel bestaan vir hierdie situasie nie en doeltreffende mannekrag speel geen rol nie.
Jy kan by niemand gaan kla oor hoe lank dit neem nie en ook nie iemand wat jou voor in die ry laat staan omdat jy ’n pensioenaris of hoogs swanger is nie. Nogal ironies, né?
Dis eintlik pleinweg angswekkend. Jy moet geloof in jou medici en hulle oordeel handhaaf dat hulle te alle tye in jou beste belang sal optree, want mense maak soms foute.
Jy kan nie voor die tyd enige groot reëlings tref vir twee weke rondom die datum nie (voor en ná die datum), kan nie jou seenaweek beplan nie (o wag, jy kan, indien jy ander dokters rondom jou kraambed wil hê – ietwat traumaties maar seker doenbaar) en iewers kom ’n mens op die punt waar jy moeg raak vir al die afwagting en “niebeplanning” en wil eintlik net graag met jou normale lewe aangaan.
Uit persoonlike ondervinding begin ek al hoe meer verstaan hoekom keisersneë so gewild is. Ten minste oor tydsbeplanning en tydsbestuursredes, en nie alleen vir mediese redes nie.
En dit laat my wonder. Daar is soveel faktore wat ’n rol speel dat ek nie kan of oor hierdie saak wil oordeel nie. Faktore soos gewillige en ervare mediese praktisyns wat dinge nog op die “ou manier” wil doen. Wat bereid is om die versekering uit te neem wat vereis word indien jy as algemene praktisyn sulke take op jou wil neem. Dit is my ervaring dat, onder die Westerse kulture, die samelewing al hoe meer vereis dat algemene praktisyns nie bevallings moet behartig nie; dat dit eerder aan ’n spesialis oorgelaat word.
Die samelewing handhaaf tans ’n tendens wat nie gunstig is vir natuurlike bevallings nie, en al is van die persentasies op die internet onder die 50%, en het Afrika van die hoogste persentasies natuurlike bevallings, is daar ’n drastiese toename in keisersneë wanneer dit nie medies nodig is nie. Wat sê dit van ons as samelewing?
Mag ons tog net nie ons menslikheid verloor in die spoed van ons alledaagse lewens en ons vrese vir die onbekende nie. Mag ons nie so deur die samelewing en die angs vir risiko’s beïnvloed word dat ons geen kanse meer waag nie. Mag ons nooit uit die oog verloor dat dinge soms op die regte tyd moet gebeur en nie op die wêreld se tyd nie.
– Gasskrywer
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie