Terug in die tuig
Ná drie maande se kraamverlof kom ek stadig maar seker weer in die ding. Voor ek verder gaan, wil ek net seker maak julle verstaan dat kraamverlof nie verlof is nie. Slaap tot dusver is nog steeds iets van die verlede.
Die eerste week terug by werk het soos die realiteitsprogram, Survivor, gevoel.
Met my eerste enetjie was dit redelik eenvoudig – jy’t die blik melk, bottels en vir baba by Ouma gaan aflaai en ek is werk toe. Dinge is nou klein bietjie anders, want ek werk van die huis af en baba borsvoed. Ouma werk ook nou weer. Nou dink jy, maar dit klink dan nie so nie. Wel, ’n joernalis het mos nie “fixed office hours” nie. Soms wanneer jy gelukkig is, weet jy hoe gaan jou dag verloop, maar dan is daar weer dae wat dinge net opduik en dan moet jy paraat wees.
My enigste gebed tot dusver is dat daar nie twee nat kolletjies op my T-hemp verskyn wanneer ek voor die kamera staan nie. Bid jou dít aan.
Met al die “juggling” laat dink dit my aan 21ste eeuse vroue dink wat die slagspreuk “you can do it all” moet nastreef.
Ek staan 100% agter die slagspreuk, want ons kan alles doen. Ons kan ma en vrou wees, terwyl ons ’n veeleisende beroep bestuur. Ons kan nog meer as dit wees. Maar aan die ander kant, is dit asof die “you can do it all” net nog druk op vroue plaas. Dis asof dit ’n MOET is. Jy moet dit alles kan wees sonder om te kla oor hoe oorweldigend of stresvol dinge raak. Dis asof jy met ’n permanente glimlag op jou gesig moet rondloop en nie kla wanneer jou kind die vorige nag glad nie geslaap het nie.
Maar dis moeilik. Die geleerdes praat altyd van hoe belangrik dit is om ’n balans tussen “work and home life” te handhaaf, maar dis moeilik wanneer dié twee verstrengel in mekaar is.
So nou skryf ek dié rubriek om vir jou (en myself) te herinner dit is belangrik om tyd vir jouself te maak.
Alhoewel dit soos ’n klein vakansie voel om alleen badkamer toe te gaan wanneer jy kleintjies in die huis het, of om jou koffie in rus en vrede te drink, of om selfs alleen winkel toe te gaan – is dit broodnodig dat jy ’n tydjie aan jouself afstaan.
Ek weet dit is baie makliker gesê as gedaan, maar kom ons probeer. Dit is so maklik om in ons alledaagse doen en late weg te raak, en wanneer baba eendag groot en onafhanklik is, dan vra ons onsself af, waar het ek die pad byster geraak?
Onthou net as mammas is ons saam in dié ding. Ons is hier om mekaar te help en te ondersteun. Tyd staan vir niemand stil nie; dis nou ’n feit soos ’n koei
My oudste raak nou vyf jaar oud, en my baba is nou drie maande. Nou die dag was al twee nog pap babas, nou wil die oudste nie meer hê ek moet haar help aantrek nie, en baba gesels al in haar unieke babataal.
Ons kap aan, met tonne kafeïen en gebed. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie