Lanel (Wiesie) Kotze
Lanel (Wiesie) Kotze

Tevrede

Vandag sit ek en wonder.

Die verbruikersmentaliteit wat wêreldwyd die laaste paar jaar posgevat het, maak dat als wat ons harte begeer eintlik so maklik bekombaar en beskikbaar is. Hoe beïnvloed dit ons harte?

Die gemak waarmee als wat ons harte begeer beskikbaar is (dalk meer in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Amerika as in Namibië) maar steeds – in my opinie, kweek dit eintlik net ongeduld.

Maatskappye soos Shein, wat ek moet bieg dat ek nog nie van gebruik gemaak het nie, het deesdae byna enige oulike ding aanlyn beskikbaar en lewer selfs, indien ’n mens ’n bietjie slim werk saam met ’n paar ander mense, in ’n verbasende kort tydjie in Namibië af.

Wat is die impak daarvan wanneer ons as mense gewoond daaraan raak om alles te kry wat ons wil hê? Hierdie kunsmatige geluksgevoel wat “goed/dinge” vir ons gee.

Dit skep die indruk van onmiddellike bevrediging. Maar is dit regtig so? Sê nou daardie rokkie wat jy aanlyn bestel het is van rekstof gemaak wat nét ’n bietjie té min rek vir waar jy ingedagte gehad het; dan sit jy met minder as wat jy vroeër gehad het (ek praat nou van geld asook entoesiasme vir die saak).

Dit is my indruk dat hierdie verwagtinge wat rondom onmiddellike bevrediging geskep word en wat sonder twyfel in die toekoms meer prominent as ’n deel van ons daaglikse lewens gaan funksioneer – ja, ek sal seker ook eendag ’n Shein-kliënt word – die geneigdheid het om ons onvergenoegd te maak. Dit kan lekker outyds word om ontevrede en onvervuld te wees.

Die lewe is eenvoudig nie ’n lekker plek wanneer ons ontevrede of onvervuld voel nie. So hoekom doen ons dit aan onsself? En dan boonop nog herhaaldelik en vrywillig. Ek het ’n soortgelyke woord te spreek vir sosiale media oor dieselfde redes, maar vandag gaan ons nie daardie paadjie stap nie.

Wanneer ’n mens daardie pakkie ontvang wat jy bestel en betaal het, voel jy bly en gelukkig. Sodra jy die pakkie bestel voel jy afwagting en opgewondenheid. Maar wanneer die feit dat byna enigiets geredelik bekombaar is aanlyn/in die winkels jou hart ongeduldig laat voel of jou kwaad maak omdat dit nie vinnig genoeg kan kom of omdat die pienk of pers een nie tans beskikbaar is nie, moet ’n mens jou hart dalk die vraag vra: Is hierdie goed vir jou?

Dalk, net dalk as die antwoord nee is, sal dit help om te fokus op dit wat tevredenheid skep en die gevoel van vervuldheid kweek.

Ek is nie ’n taalontleder met enige kwalifikasie nie maar toe ek so pas die titel vir hierdie stuk uitdink en neerskryf, doelbewus die Afrikaanse woord tevrede in twee deel om ‘te’ en ‘vrede’ te vind, het dit my laat dink dat die Hollanders dit dalk oorspronklik so bedoel het.

Om in werklikheid te probeer sê Te = by – dus soos die Engelse sê ding, “At peace”. Wat skep ’n gevoel van vrede of tevredenheid in jou hart? Dalk kan ons op ’n ander dag daarop ingaan. Maar vir vandag wil ek net hê daar moet ’n vlaggie by ons opgaan wanneer ons nie daardie gevoel ervaar nie.

Klaar gepreek. Seën vir julle, tot ons weer praat.

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 26 vs 45 Airlink Pumas Premier League: Liverpool 2 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 6 Chelsea | Bournemouth 1 vs 1 Newcastle LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla | Villarreal 4 vs 3 Celta Vigo | Atletico Madrid 3 vs 0 Girona | Deportivo Alaves 0 vs 0 Real Betis | Leganés 2 vs 1 Las Palmas | Real Madrid 3 vs 0 Real Valladolid SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Juventus | Cagliari 1 vs 1 Como | AS Roma 1 vs 2 Empoli | Napoli 3 vs 0 Bologna | Torino 2 vs 1 Atalanta | Fiorentina 0 vs 0 Venezia European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City English Championship: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City #N/A Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 19.74 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.78 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.22 | USD to AOA 904.54 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.6 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1586.14 | USD to ZAR 17.78 | USD to ZMW 25.91 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13878.4 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30363.15 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 498.33/OZ DOWN -0.0107 | Copper US$ 4.19/lb DOWN -0.0172 | Zinc US$ 2 884.50/T DOWN -2.2% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP DOWN -0.0138 | Platinum US$ 931.09/OZ DOWN -0.0287 #N/A