Tien jare se drama in nuusbulletin opgesom
Dis Vrydag, 6 Julie 2012 en hier volg die hooftrekke van Namibiese rugby vir die volgende tien jaar.
Ons begin met ’n waarskuwing: Namibië gaan komende Sondagmiddag teen Madagaskar verloor.
Ja, u het reg gehoor – die Namibiese span gaan nog een seisoen in die B-afdeling van die Konfederasie van Afrika-rugby (KAR, of soos dit in die toekoms herdoop gaan word, Rugby Afrika) deurbring.
Ja, spoiler alert: Namibië gaan komende Sondagmiddag 8 Julie 2012 teen Madagaskar verloor ... dieselfde spannetjie bo-oor wie ons in 2002 met 112-0 gerol het.
Maak gerus seker u sitplekgordel is stewig vas, want die volgende tien jaar is met tye ’n wipwaentjierit vir Namibiese ondersteuners. Verskeie kere mag u dalk gerespekteerde, alwetende ouer gardes hoor uitroep: “Nog nooit was ons rugby op so ’n laagtepunt soos nou nie!”
Tussendeur bly wurm die kurwe egter opwaarts. Sommiges mag hierdie tydperk dalk selfs eendag as die begin van ’n goue era bestempel.
Om die huidige perspektief en die komende tien jaar so bondig as moontlik op te som ...
Namibië was in 2010 op ’n ongekende hoogtepunt met sy eerste en enigste verowering van Wêreldrugby se Nasiebekertoernooi, wat seges teen Georgië en Roemenië ingesluit het.
Hierdie sukses kon nie ten volle by die 2011 Wêreldbeker herhaal word nie. Namibië het nietemin soveel van sy hulpbronne (soos geld en sy amateurspelers se jaarlikse werkverlof) in hierdie voorbereiding ingesteek dat hy aan 2011 se jaareinde nie ’n span bymekaar kon sit om aan KAR se toernooi te gaan deelneem nie en moes onttrek. Vandaar KAR se optrede om Namibië na die B-afdeling af te gradeer.
Die nuwe afrigter, Danie Vermeulen, en sy span moet dus stelselmatig weer hul pad boontoe oopspeel en moet verseker hulle wen in middel-2014 die A-afdeling se eindstryd as hulle die volgende jaar Wêreldbeker toe wil gaan ...
Ons neem ’n sprong vorentoe in tyd, verby die gebruiklike drama op administratiewe vlak, na Engeland 2015. Namibië is terug op die groot verhoog, met Phil Davies as afrigter, en skerp in die kollig om die All Blacks in Londen te hanteer.
Vir ’n geruime periode in dié wedstryd kry Namibië ook ’n kwota houe in en die Olimpiese Stadion brul oor Johan Deysel se drie, voor die trofeehouers hergroepeer en binne ’n relatiewe kort tydjie verseker hulle kry darem minstens ’n vyftigtal.
In Exeter gee Jacques Burger en sy manne alles wat hulle het teen Tonga en blaas in Georgië se nek, voor Argentinië egter weer wys hy is in ’n swaarder gewigsklas.
Die besluit om Phil Davies as hoofafrigter vir nog ’n Wêreldbeker-siklus tot Japan 2019 te behou, is onteenseglik ’n meesterskuif. Geen Afrika-uitdager kom nader as nege punte teen enige van sy toetsspanne nie, in ’n toenemend indrukwekkende onoorwonne lopie.
Nog belangriker as die uitslae is egter Davies se strategiese bouproses en vreeslose blootstelling van ontluikende jong talent – waarmee in die proses ’n nasionale groep met werklike diepte geskep word wat ook die vooruitsig vir sy blywende nalatenskap is. Die kwaliteit en kwantiteit van professionele spelers met kontrakte oorsee groei deurentyd.
Dit sal verkeerd wees om nie ook die bydraes te erken van ander breiers in hierdie goue era nie, soos Roger Thompson (o.20’s), Lyn Jones (Welwitschias in SA provinsiale kompetisie), Johan Diergaardt (Unam) en andere.
Jones, byvoorbeeld, werk afsonderlik van die nasionale groep en kry net die “oorskiet” wat hy uit die beperkte plaaslike klubliga kan versamel. Van ’n gru-uitslag soos om met 101-0 in Windhoek deur die Griffons verneder te word, word met volharding ontwikkel aan ’n amateurspan wat die volgende seisoen selfs wegwedstryde in Suid-Afrika wen.
In 2022 staan hierdie geslag spelers op die drumpel om hul land se sewende opeenvolgende kwalifisering vir ’n Wêreldbeker te bewaarheid. Bly ingeskakel vir die volgende tienjaar-episode.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie