Toe die Koviet ons geliefdes kom haal het
Presies drie jaar gelede toe die Groot Griep in Jan Jonker-straat sy eerste hoes buite die elboog gee, toe was ons toe salig onbewus van hoe donker die toekoms sou word.
Hoe ’n groot sonde ’n droë hoes of loopneus sou word, sou ons, ons nooit kon indink nie. En laat jou bors darem gefluit het, dan het die angs al klaar jou eie afspraak by Jarman gemaak.
Toe my Ouma Netta weke voor die eerste Namibiese geval, vir die “arme oorsese me’se” ingetree het by oupa Liefie op haar stoep op Karanas, het ek sinies in my binneste gelag, want “Ai mamma, dis mos darem nie nodig nie”.
Maar sy was tog vir ons die goed voor.
Weke later toe het die //Na-na-na (die doodsengel in Rehoboth gebiet) toe oortyd begin werk.
Ek bly toe nog op Aris, daar by die posmeester se huis, en moes kort-kort treinbrug toe draf om sein te vang om te verneem by dr. Shangula and dr. Haufiku of daar ’n tyding was.
Intussen is die drank, twak en mens van !Khomas insluitend Okahandja en Rehoboth ingehok en die mampoer, whisky in yssakkies en die yes-sigarette-besighede is toe aan die orde van die dag.
Ai, hoe wens ek dit was tog die somtotaal van ons belasting. Om nie te kan rook of wyn skink of plaas toe te ry nie, het ons gou besef, was toe die minste van onse worries.
Onse mense begin toe te ua. Op ’n streep. En ons is toe die deurnagdienste, groot tent, skynsvetkoeke ook kwyt.
Ons geliefdes is toe huis toe sonder ’n deurnagdiens, styf teen mekaar waar daar uit die Sionsgesangboek, “Ek het, o Here, van ver u troon gesien,” voorgesê was.
En hoe het die meer darem in daardie twee jaar lange onweersnag geraas en eensaam moes ons met ons smarte gaan vlug. In die voorhuis, of kwarantynkamer moes ons totsiens sê.
Intussen trek ek terug stad toe want ek moet ta nou kort-kort brug toe hardloop om ’n sein te vang om te hoor hoe dit daar by die groot huis gaan.
Op ’n grys Sondag met Willem (ons hond), een hoender (die ander is Karanas toe) en ’n verf-emmer met die Wille Als is ons terug stad toe om tog “by die goed te kan wees”.
Buitendien het Sofie ’n asmabors wat ons die heeltyd met die Wille Als gedous het. Die hospitale is toe in die stadium gevaarliker as Louna se dip op ’n einde van die maand.
Gepraat van Blok F, Koviet besluit toe om kleim loop af te steek in my geboortedorp Rehoboth.
Die pandemie raak toe nou so erg en persoonlik en elke oproep begin en eindig met “het jy gehoor?”
Rehoboth en sy mense ontwikkel toe ’n onwrikbare geloof in Agra, Wille Als en Kankerbos-smouse en dan Oupa Liefie.
En as die geleë met die Ivermectin te lank op Rehoboth gedraai het, het die plaasmense sommer die Kalie gedrink.
Met ander woorde, Rehoboth se hulp lê toe nou tussen die leisels, perresaals en die dipblikke.
Maar nie ’n enkele riem kon vir Koviet vasvat nie.
My Ouma Netta en Oupa Tobies sterf toe intussen en daar by ouma Netta se begrafnis tel ek toe die Koviet op terwyl ek Ystervarkies bak. Ek het tog so die mense gesoebat om tog die maskers te dra, maar alas, deur die lapmasker vat de Groot Griep my vas.
Geen simptome, maar ek kon toe die Kerrie en die Vyejểm wat ek die vorige dag gemaak het nie proe nie. Dis toe ek nie die Peaceful Sleep douvoordag in die tent kon ruik nie, dat ek snuf in die neus gekry het.
Ek is toe op my warm spoor terug Windhoek toe en ek kom toets toe positief.
Ek word gekwarantyn by die huis. My niggie Eva-Pandi bring hoendernekkiesop op ’n gereelde basis, maar die ice cream-bakke word op die kar se dak gelos, want ek is mos toe nou melaats.
Ek sien ook net vir David as hy deur die deur groet of my kos inskuif. Soggens stap ek my simpel rondom die huis sodat Koviet kan doodbrand, Smiddae oefen ek my longe met ’n straw en blikke water en as ek onthou van bloedklonte dan spring ek op die stapfiets en trap vir die vale.
Ek oorleef toe die Koviet en ek is terug werk toe.
Kyk, maar toe die Delta-variant ons tref toe is alle grappies op ’n stokkie. Blakend gesonde mense staan met ’n krapgevoel in die keel op en sonsonder was hul tyding op die whatsapp.
Jy sit en huil nog oor die een tyding dan kom daar drie gelykop en so sit jyself met jou eie keelseer.
Twee dae voor sy heengaan het ek en oorle Rudie van Wyk, voormalige burgemeester van Rehoboth nog lekker gesels. Hy voel toe al grieperig en ek praat hom aan sodat hy hospitaal toe gaan. Die week is nie om nie toe kry ek sy tyding. En terwyl my hart in duisend stukkies breek, skryf ek sy doodsberig.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie