Totsiens, Kaapstad
Sê Maar Net
Dis min dat jy sommer vir vier weke op verlof kan gaan, maar hier is ek. Terug in die tuig ná ’n maand in die Kaap – my geboorteplek.
In Langebaan het ek vir die seuntjies een van my gunstelingplekke gewys wat soveel kinderherrinneringe wakker gemaak het. Langebaan is ook nie meer wat dit 25 jaar terug was nie, maar Klub Mykonos is steeds soos ek dit onthou. Met die verhitte swembad, tennisbane en die Griekse eiland-vibe. Dis jammer die Griekse restaurant het toegemaak. Ek onthou hoe ons op ’n Donderdagaand borde gebreek en gedans het. Iets wat ek nie vir my seuntjies kon wys nie (hoewel dit dalk nie ’n slegte ding is nie).
In die Kaap het ons partytjie gehou. En hoe bevoorreg is ons om my ouma se 89ste verjaarsdag saam met haar te kon vier! Hoe bevoorreg was ons almal nie. Die matriarg van die familie. Vyf kinders. En van die twee wat getroud is, sewe kleinkinders. En uit die vier kleinkinders wat getroud is, is die 10de agterkleinkind op pad. Só het die familie gegroei in 89 jaar.
En nie net dit nie, Ouma, hoe bevoorreg is jy self dat jy jou oudste dogter se 70ste saam met haar kon vier! En jou tweede jongste dogter se 60ste. ’n Lewe so oud, daar is altyd nog ’n storie om te vertel.
’n Naweekkuier met ’n hartsvriendin het my beker vol getap. Ons kon aangaan waar ons laas opgehou het, al het ons mekaar vyf jaar laas gesien.
Daar is iets aan die Kaap wat my altyd sal wil laat teruggaan. Haar prag en haar natuur. En hoewel haar paaie besig is en sy sukkel om die ligte aan te hou – soos in die res van die land – is ek hier rustig. Dalk is dit die vakansiegees. Maar hier jaag niks my nie. Hier het ons lui, rustige oggende gehad met hope avonture. ’n Dagbesoek aan Darling en Paternoster, waar ons vis en tjips langs die pad met ons hande geëet het. ’n Naweek-wegbreek na Franskraal. ’n Oggendkuier in die Paarl met ou Namibiërs – waar ons bederf word met Slowtown-koffie, Rohack-brötchens en ’n spesiale grondboontjiebotterkoek.
Ná vier weke se bederf met die familie wat ver is, is dit moeilik om te groet. Mens weet nooit of dit vir die laatste keer is nie. Dan loop die trane vrylik oor ons almal se wange.
Die eerste middag terug by die huis bel Ouvrou. “Die huis is stil sonder daai seuntjies,” sê my tannie. In my huis baljaar die seuntjies. Dié juig van plesier op hulle skopfietsies. My huis is nooit stil nie. Daardie aand, toe die seuntjies in die bed is, maak ek ’n beker tee en gaan sit op my eie bank en strek my bene uit en sien uit na ’n aand se slaap in my eie bed. En ook dit was lekker.
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie