Trekdag kom al hoe nader
Wiesie Kotzé – Wanneer ’n mens die malle taak aanpak om uit jou kantoor én huis in dieselfde maand te trek (nie omdat ons dink dis ’n goeie idee nie, maar omdat die noodlot dit so wou hê), is ’n mens redelik verlig wanneer een met ’n maand uitgestel word.
So beplan ons al van Desember aan hierdie logistieke nagmerrie, en met die dat ons klaar uit die kantoor getrek het, wag die huis se inhoud nou geduldig vir ons.
Gelukkig kan die bokse wat ons vir die kantoor se inhoud gebruik het vir die huisitems ook gebruik word.
Die pret het begin toe daardie einste bokse in my motor gelaai moes word en hulle soos steeks donkies weier om in die klaar oorvol binneruim ingeforseer te word. Plat bokse, reghoekige bokse, almal inmekaar gestapel. Groot bokse, klein bokse, maar ek het gekyk – die steeks bokse sal pas.
Hierdie situasie kort ’n herevaluasie Die bokse word eers weer buite die motor neergesit, weer opgetel, en met ’n harde druk pas hulle toe wrintiewaar in. En uiteindelik is die laaste van die leë bokse ingelaai.
By die huis moet die verwers begin en die hier-en-daar-werkies moet begin sodat al die betonwerk betyds droog kan word en alles betyds klaar kan kom.
Oor die naweek moet twee kamers en ’n badkamer se inhoud verwyder word. So gaan die naweek kuier-kuier verby en teen Sondagaand is alles nog nie uit die kamers nie. Gelukkig het die bouers die Maandag allerhande ander take wat hul aandag verg en ons wen nog ’n aand om die kamers leeg te maak.
Aan die ander kant, is die huis waarnatoe ons trek ook nie heeltemal gereed vir ons nie. Kwotasies vir onder meer verfwerk en om van die kaste reg te maak, moet nog gekry word.
Telecom moet ingelig word dat ons lyn gaan skuif, en aan amper alles is daar onvoorsiene uitgawes gekoppel. Dis nie net van trek net in en bly in die huis voor enige verbeteringe aangebring word nie. . .
’n Maand is ’n kort tydjie as in ag neem word dat meeste van die reëlings eers na-ure gedoen kan word. Hier en daar moet iemand wel tydens kantoorure gekontak word omdat alles nie na-ure gereël kan word nie. Dit saai nog meer chaos in jou algemene werksdag wat ook elke dag sy eie uitdagings bied.
Bokse word ingepak, gemerk. Meubels word geskuif. Swaar dra al aan die een kant! ’n Mens wonder eweneens hoekom en waarvoor ’n mens dan al die goed nodig het?
En as jy jou oë uitvee het jy ’n amper vierjarige seuntjie wat genot daaruit put om deur die leë vertrekke te hardloop terwyl hy roep en skree om sy stem se eggo te kan hoor. ’n Tydverdryf wat die leë vertrekke jou skielik bied.
Eggo’s wat die hol kol in my maag en in my hart weerspieël. Die wete dat hierdie hoofstuk nou onomkeerbaar omgeblaai het. En dat vorentoe al rigting is wat ons verder kan inslaan.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie