‘Trip’ na die makabere
Sê maar net 30 jaar gelede
Chris Vermaak –Die hallusineermiddel LSD – die “trip”-vatter, soos ’n verslaafde Hillbrowse meisie dit een keer aan my uitgedruk het – is nie elke seun of meisie se maat nie.
Dié gevaarlike doofmiddel het ná ’n afwesigheid van verskeie jare weer verlede week sy verskyning op die Suid-Afrikaanse mark gemaak toe ’n oorsese reisiger in Natal in hegtenis geneem is met ’n hele paar kilogram in sy besit. Dit is genoeg om die ganse Durban op ’n baie lang “trip” te stuur.
Ons moet net bid dat dié doofmiddel nie onder ons Namibiese jeug losgelaat word nie, maar vir al wat ons weet, is dit al hier, moontlik saam met sy breinbreker, “crack”. Want die idee bestaan mos dat onafhanklike Afrikalande meer as net dagga verdien.
Die verskrikking van LSD was weer die afgelope week in die Johannesburgse landdroshof ter sprake toe ’n seun wat sy 23-jarige vriendin verskeie kere met ’n skêr gesteek het, beweer het dat hy haar onder die invloed van LSD vir ’n swartluiperd aangesien het.
Volgens die sewentienjarige seun, wat skuld ontken het op aanklagte van poging tot moord en verkragting, het hy begin gedrogte sien nadat hy LSD gebruik het.
“Ek het gedrogte teen die mure gesien. Sy het soos ’n swartluiperd gelyk wat my wou aanval,” het hy getuig.
“Ek moes myself verdedig en het die luiperd probeer verwurg. Die dier het op die grond gelê en toe hy weer sy poot na my uitsteek, het ek die skêr opgetel en verskeie kere na hom gesteek.”
Volgens die seun het die drogbeelde verdwyn nadat hy die meisie gesteek het.
“Ek het geskrik en die bebloede skêr aan my broek afgevee. Daarna het ek omgedraai en geloop.” Hy het ná die gebeure probeer selfmoord pleeg deur hande vol pille te drink en homself met insulien in te spuit.
Hy het dwelmmiddels begin gebruik toe hy elf jaar oud was. “Toe ek vyftien was, het ek met LSD begin eksperimenteer.”
Die gevaar vir ons jeug lê juis in proefnemings met sterker dwelmmiddels, wanneer drank, dagga en Mandrax nie meer genoeg skop het nie.
Proefnemings met LSD het al tot nare tragedies gelei. Dit is aan die jeug van Suid-Afrika bekend gestel deur ’n berugte Britse smokkelaar, Leo Smith, wat myns insiens ook iets te doen gehad met die verslawing en verdwyning van die Johannesburgse rykmansdogter, Rosalind Ballingall. Sy het ná ’n doofmiddel-orgie in die Knysna-woud ingestap en nooit weer uitgekom nie. Ek roem my daarop dat ek een van die joernaliste was wat Smith as ‘t ware geterroriseer en heeltemal uit die land uit geskryf het. Hy is ook daarvan verdink dat hy ’n skoolmeisie se borste afgesny het terwyl hy onder die invloed van LSD was.
Omstreeks daardie jare was daar die jong seun van Hillbrow, Johannesburg, wat op die 23ste vloer van Guild Hall gaan staan en hom verbeel het hy is ’n Duitse Stuka-bomwerper. Kompleet die sirenes ook aangeskakel en sy arms oopgesprei om daar ver onder in Esselenstraat ’n teiken aan te val. Net die dood het daar vir hom gewag.
In ’n woonstel het die polisie sy jong skoolvriendin aangetref. Sy was salig onder die indruk dat sy ’n breinchirurg is.
Die polisie kon nie die kat red wat op die sitkamermat met ’n oopgevlekte brein gelê het nie.
Hierdie makabere voorvalle het destyds groot opspraak verwek toe ons met ons jagtog op Leo Smith begin het.
Nou lyk dit of die geskiedenis homself herhaal.
– 11 Oktober 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie